Hallo daar!
HOOF ITEMS
ONS HOOFBLADSY ONS HOOFBLADSY
GELOOFSBELYDENIS
WAT & WIE?
KONTAK ONS
GASTE BOEK
- SKAKELS Web
- SKAKELS Mense
LAASTE WOORD ...
GRATIS GOED
ONS DOEL...
1 Vreugde is die Doel!
2 Net een waarheid?
3 Net deur liefde...
4 'n Dringende God ...
5 'n Verslaafde Geliefde
6 Slegte Dinge?
7 Waar Is Jy?
8 Kinderdae...
9 Kuns van Toelating
10 "JOU" Ekonomie
ONS HULPMIDDELS
INLEIDING
- Wet van Die Heelal
- Aantrekkingskrag
- Aksiegids
- Kies Jou Rigting
- Mag van Oortuiging
- Stop Self-Sabotasie
- Mag van Dankbaarheid
- 9 Prinsipes vir...
- Verwesenlik Jou Drome
- AFFIRMASIES
- AANLYN HULP
ONS TAAL!
Ons Pragtige Taal!
"Hip" Afrikaans!
Die Wêreld is Engels...!
Jou Eggenote
Die Tug van Ons Kroos
Vandag ...
Glo ...
Toegeeflikheid
Oktobermaand
Sleng-bekendstelling
Afrikaanse Gedigte
Gedigte 1
Gedigte 2
Kers Gedigte 1
Digtersprofiele
Woorde van Liedjies
SELF-SORG ITEMS
> Selfsorg & Vreugde
> Wees Lief vir Jouself!
> Jy & Jou Werk
> Wat Doen Jy?
> Jy en Oefening...
> Versorgingswenke
> Diep Asemhaling
> Selfsorg & Meditasie 1
> ADEMIE - Inspirasie
> Vakansietyd
> Selfsorg en Vrede
> Emosionele Hulp
> Jou Selfhelplysie!
SPRAAKSTUKKE
* Voorsiening
* Gaan alles oor GELD?
* Jy sal Alleenlik...
* Is Eerlikheid Nodig?
* Sukses en die Les
* Innerlike Gemoedsrus
* Om Ryk te Wees
* Die Vermiste Skakel
* Is Armoede Goed?
* 'n Passievolle Lewe
* Verandering ...
* Manifesteer Vreugde
* Gesag Oor Jou Kinders
* Praat Net Daaroor...
* Jou Vlak van Aanstoot
* Die Langste Reis...
* OORVLOED is Oral
WAT OP AARDE...?
Ons Moeder Aarde... Ons Moeder Aarde...
Aardverwarming...?
Feit of Fiksie?
Aardsgenesing
Die Nut van Insekte
Blaarsnyer-Miere
Woud Gebed
Aards-Gebed
Feite oor Moederaarde
Die Mier en die Sprinkaan
Sprinkane
Koeie Wat Winde Opbr...
Het Plante 'n Bewussyn?
Kenners Stry...
Daar Is Genoeg!
Onsinnigheid van Mors
Herfs en Mei-maand
Mierre Offer Hul Lewe Op
Ons S.A. Skrywers
Skrywers & Digters
Sleng of nie?
- Andre van Eyk 1
- Andre van Eyk 2
- Andre van Eyk 3
- H. Serfontein Smeiman
- DeWaal Venter
- Minette Brink
- Herman Rudolph
- Elizabeth Kendall
OORVLOED Praat Sommer maar net...
'n "Nuwe Suid-Afrika?"
Joernaalaantekeninge
Maak Iets ...
Koeitjies en Kalfies
Spring Fever
Severe Winter
Aksies vir...
Jou Perspekteif
Louis Hosea de Wet
Uithouvermoë
Voorspoedige Lewe
1000 Albasters
Oktobermaand!
Kersfees Vieringe
Laat Alles Gaan...
Hou Op Omgee
Jou Idees...
Where's My Stuff?
Verandering
Opwindende lewe!
Wyshede
Perfeksie
Skuldgevoel
Jy Tart die Heelal
Andere se Keuses
Tyd van Ontwaking
Rebellie Gebeur
Begeerte
Altyd op Pad
Ander Goed
Klassieke Motors
Verklarings
Daaglikse Inspirasies
Lag in Afrikaans!
INSPIRASIE

 

HIERDIE INHOUD SAL MAANDELIKS VERANDER

 

01 Augustus 2010

 

 As die mensdom kon verstaan dat "wat ek skep het niks te doen met wat enige iemand anders besig is om te skep nie" dan sou ons nie so bang wees vir wat ander mense doen nie.

 

 

 

SINDIKAAT

 

 
Image

 

AFFIRMASIE VIR DIE WEEK 

 

"Ek is SO dankbaar vir my inkomste. Ek het 'n werk wat ek geniet, 'n uitstekende loopbaan en ek kan alles bekostig vir my familie."

 

                             Kliek hier om Affirmasie-kaartjies te koop.

 

 

We have 16 guests online
Welkom by OORVLOED! - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - DINAMIES & OMSTREDE!

 

9 Prinsipes vir Positiewe Verandering PDF Print E-mail
Monday, 08 September 2008

9 Prinsipes vir Positiewe Verandering

- Maree de Wet

 

  Active Image

 

As mense, nes alle voelende wesens in ons wêreld, begeer ons bo alles veiligheid en sekuriteit. Dit is een van ons primêre instinkte wat deel vorm van die agtergrond van ons groei van kind na volwasse. Ons leer van ons ouers, ander mense en gebeurtenisse wat ons ondervind soos ons groot word, hoe om lief te hê en om veilig te wees. Sommige lesse wat ons geleer het, het gewerk vir ons toe ons nog kinders was, maar wat nou vir ons, as volwassenes, nie meer van toepassing is nie. Ander is dalk die produk van moeilike of traumatiese ondervindings wat ons as kinders deur gemaak het, wat 'n nalatenskap van negatiewe oortuigings en denkpatrone nagelaat het.

 

1. Liefde & Selfbeeld

Wees lief vir jouself en ander in die wêreld sonder enige beperkings. Aanvaar jouself en alles om jou met liefde. Dít is die uitermatige fokus van al jou werk - aan die senter van alles - dat as jy jouself waarlik kan lief hê en aanvaar - dan het jou lewens ondervinding geen beperkings nie.

 

Ons gedagtes, en derhalwe ons lewens, kan verander as ons waarlik gereed is om te verbind met die proses van verandering. Ek week dit werk, want ek het dit al self ondervind.

 

As jy waarlik jou lewe wil verander en dit wil bereik deur spirituele tegnieke, dan moet jy die volgende prinsipes insluit in jou daaglikse lewe. Moenie benoud raak nie!  Dis nie iets wat oornag kan gebeur nie. Maar deur stadigaan maar seker hierdie prinsipes in jou lewe aan te neem, sal jy, as 'n persoon, spiritueel groei. Vanaf innerlike krag en liefde is enige verandering moontlik.

 

Onkondisionele Liefde en Self-Aanvaarding

Onkondisionele liefde is liefde sonder enige limiete, kondisies of voorbehoud. Dit is gebasseer op totale aanvaarding, wat bedoel jy besluit om ander mense lief te hê - en jouself ook, natuurlik - deur gelukkig te wees met hull nes hul is, sonder om hulle te wil verander en deur hulle toe te laat om te groei en te laat wees presies soos hulle wil wees, a sluit dit nie vir jou in nie of pas nie in met jou planne nie.

 

Toe ons babas was, het ons onkondisionele liefde ondervind, maar soos ons groot geword het, was ons gekondisioneer deur die wêreld om ons. Ons het gedragspatrone geleer om te oorleef, ons het geleer wat goed is en wat nie, wat aanvaarbaar is en wat nie. Diep binne honger ons weer vir daardie liefde, alhoewel dit partymaal voel of dit vir ewig verlore is.  Baie maal soek of eis ons liefde van iemand anders, maar kan self nie liefde gee nie.    

 

Die realiteit is dat, as ons nie onself lief het nie, is dit nie moontlik om dit vir iemand anders te gee nie of dit van hulle te verwag nie. Dis wreed, maar hoe kan ons verwag dat iemand anders ons onkondisioneel moet liefhê  as ons nie kan nie?

 

Ek is die moeite werd, Ek is 'n wonderwerk van die Natuur

Meeste van ons kan werk aan die kweking van ons self-liefde. Baie van die oefeninge wat jy hier sal vind sal help om die hindernisse te verwyder na jou self-aanvaarding.

 

2. Vergifnis

Vergewe Almal & Verlos die Verlede - Wanneer ons iets wat nie vergewe is nie binne hou, dan bevorder ons toorn, haat en wrok asook skuldgevoel. Hierdie emosies hou ons in die oomblik en dreineer ons geestelike en lewensenergie. Om sulke emosies lang-termyn binne te hou SAL emosionele en liggaamlike siekte veroorsaak.

 

Raak van die Verlede Ontslae

Vergifnis is so belangrik dat ek 'n bietjie wil uitbrei - As jy vorentoe wil beweeg, moet jy vergewe - deur die verlede te laat gaan, verlos jy jouself. Party mense klou aan toorn, wrok en haat - dit maak nie eintlik saak wat die oorsaak was nie, of dit nou iets kleins of lewensgroot was nie - hulle sal nooit vorentoe beweeg tot tyd en wyl hulle vergewe nie.

 

Onthou, die lewe is NOU - die verlede is verby en klaar en kan buitendien nie verander word nie. Niks wat jy nou doen kan die verlede verander nie, en tog is dit verbasend hoeveel mense tyd en energie spandeer op skuld gevoelens, wrok en haat. Op hierdie oomblik, NOU, het jy die mag, die mag om te kies, aksie te neem en 'n verskil te maak. Jy het geen mag oor die verlede nie en jy het geen mag oor die toekoms nie.

 

As jy vry wil voel, vry van die verlede, dan MOET jy vergewe. Vergewe almal, maar veral jouself. Ons weet hoe moeilik dit is om ons natuurlike, menslike gevoelens van toorn, haat en vrees te oorkom, maar hierdie emosies verhoed dat ons voort beweeg. Alhoewel dit natuurlik is dat jy hierdie gevoelens het, aanvaar jou emosies maar wees dan bereid om dit te laat gaan, andersins sal jy vir ewig vasgevang wees in al die negatiewe emosies.

 

Dit is nie die gebeurtenisse in ons lewens wat ons sukses bepaal nie, maar hoe ons reageer op hierdie gebeurtenisse.

 

3. Bewustheid

Begin Bewustelik te Lewe - Word bewus van jou aksies, jou gedagtes en jou woorde. Wanneer jy jouself in 'n negatiewe perspektief bevind, stop jouself. Draai dit om in iets meer positief - jy sal onmiddellik 'n verandering sien in hoe mense reageer omdat jy verander het!

 

Bewustelike Lewensbestaan - Die Kuns van Self-bewustheid

Het jy al ooit vir myle bestuur in "outomaties" net om te besef dat jy nie veel van die reis kan onthou nie? Dit gebeur met almal - dinge word so "outomaties" dat ons in die onderbewussyn leef en nie ten volle in beheer is van wat om ons omgaan nie.

 

Dit gebeur maklik - besige, komplekse lewensstyl, veeleisende, hoog-aangedrewe werk. Daar is min tyd vir onsself. Ons ontwikkel ons eie patrone, strategieë en gewoontes van kleins af, met die gevolg dat ons ons lewens meer in "outomaties" lei as bewustelik.

 

Wanneer jy terug kyk op jou lewe, sal jy die reis onthou?

Kyk terug op jou lewe - hoe goed onthou jy jou reis? Wonder jy nou waar jy is en hoe jy hier gekom het? As jy hierdie artikel lees omdat jy 'n gelukkiger en meer genotvolle lewe wil ly, as jy die negatiewe "outomatiese" patrone wil stop, dan moet jy NOU bewustelik begin dink en lewe.

 

Wat is 'n Bewustelike Lewensbestaan?

'n Bewustelike bestaan is om tyd te neem vir jouself en te besluit wat jy uit die lewe wil hê; dit is om te verstaan en enige negatiewe gedagtes, patrone of gewoontes te verander;  dit is om self-bewustheid te verhoog, bewus te wees van jou gedagtes en woorde en hulle derhalwe bewustelik te kies en sodoende jou mag terug te neem. Deur die tyd te neem om ons lewens, ons verwagtinge en ons gewoontes te ondersoek, is ons nie net meer geneig om ons doelwitte te behaal nie, maar ook te leer van ons suksesse en foute in die verlede.

 

Op hiérdie manier is jy in beheer en nie jou onderbewussyn nie.    

 

En nog meer belangrik, soos jy meer bewustelik lewe, leer jy om ou oortuigings te verruil vir meer bewustelike oortuigings. Dit bedoel dat jou ou outomatiese reaksies, waarop jy altyd sal staat maak, nou sal reageer in lyn met die persoon wat jy nou is.

 

4. Dankbaarheid, Voorspoed en Oorvloed

Wees oop en dankbaar vir ons natuurlike oorvloed - Ons wêreld is oneindiglik oorvloedig, maar die natuurlike vloei van oorvloed kan gestuit word deur 'n oortuiging of geloof dat ons nie dié oorvloed verdien nie of dat ons faal om dit wat ons reeds het te herken of dankbaar voor te wees.

 

Dankbaarheid en die Aanvaarding van Jou Oorvloed

Dankbaarheid en Voorspoed is na aan mekaar.

 

Ons wêreld is oneindiglik oorvloedig en ons almal verdien daardie oorvloed; al wat ons moet doen is om bereid te wees om dit te aanvaar. Maar die realiteit is dat, in ons onderbewussyn, ons nie glo dat ons dit verdien nie. Dit is baie maal as gevolg van 'n lae selfbeeld, vrees, skuld gevoel of vele ander negatiewe oortuigings. Om in ware voorspoed te lewe, is dit nodig om hierdie negatiewe oortuigings te herken en te verlos. Onthou, hoe jy dink die wêreld is, sal jou realiteit word. Deur jou innerlike oortuiging te verander kan jy jou uiterlike realiteit verander.

 

Voorspoed kan verskillende dinge bedoel vir verskillende mense - vir party is die geld en aardse besittings, vir andere is dit spirituele en emosionele welvaart. Ware voorspoed word verkry deur 'n balans in alle aspekte van ons lewens; voorspoed is die verwesenliking van jou diepste wense en begeertes op alle vlakke en in staat te wees om dit ten volle te geniet. Voorspoed is iets wat jy in jou gedagtes en siel ondervind; dit is nie 'n uiterlike belewenis nie en kan derhalwe deur enige inkomste groep ondervind word.

 

Dit is 'n fundamentele wet van die Heelal dat dit waarop jy fokus sal groei. As ons aanhoudend dink aan wat ons kort-kom, dan is dit wat ons sal ondervind. Om ware voorspoed te ondervind moet ons leer om te fokus op dit wat ons alreeds het. Dankbaarheid vir dit wat jy het is een van die mees magtigste tegnieke om voorspoed te beleef.

 

'n Goeie idee is om in 'n Dankbaarheids Joernaal  aan te teken. Begin met "Ek is dankbaar vir die sonskyn" en "Ek is dankbaar vir my familie" - aan die begin lyk dit dalk of daar nie veel is om voor dankbaar te wees nie, maar soos jy een na die ander neerskryf, sal dit begin vloei en binnekort sal jy nie weet waar om te stop nie! Elke nuwe dag bring nuwe dinge om voor dankbaar te wees, al is dit net dankbaarheid vir die feit dat jy wakker geword het!

 

 

5. EERLIKHEID

Wees eerlik met jouself en andere - Sonder om (soms brutaal) eerlik met jouself en andere te wees, sal jy nie in staat wees om vooruit te gaan met jou veranderings nie. Dit bedoel ook om af te sien van al die klein 'wit' leuens en pretensies wat deel is van ons daaglikse lewens. Om sukses te behaal in verandering, moet ons bereid wees om waarhede vol in die gesig te staar tesame met die vrese wat dit onthul.

 

Om Eerlik te Wees

Eerlikheid is belangrik vir verandering en om te identifiseer wie jy waarlik is en wat jy waarlik begeer. Wanneer jy jok omtrent wie jy is en waarin jy regtig glo, versterk jy die geloof dat jy moet voorgee om iemand anders te wees, anders is jy nie goed genoeg nie. Nog erger, jy ondermyn omtrent elke prinsiep wat bestaan vir selfontwikkelling, want dié prinsiepe is gebasseer op die feit dat jy jou ware self en doelwitte klaar geidentifiseer het. Sonder om te weet wie jy is en wat jy waarlik begeer kan jy nie helderheid hê omtrent die lewe of jou drome nie.

 

Baie mense gebruik self-desepsie en ontwyking van die waarheid sodat hulle nie hoef te deel met vraagpunte of omstandighede in hul lewens nie. Wat hulle nie besef nie is dat dit hulle in 'n siklus van self-sabotasie en lae selfbeeld dompel wat dit onmoontlik maak om vorentoe te beweeg of hulle drome te beleef.

 

6. Positiwiteit

 

 Active Image

Positiewe Denkwyse

Ons uiterlike bestaan is 'n spieëlbeeld van hoe ons binne dink en voel. Wetenskaplike ondersoek het weereens bewys dat 'n positiewe uitkyk nie net ons immuunstelsel versterk vir beter gesondheid nie, maar ook, deur positief te dink, verhoog ons die kwaliteit van alles wat ons doen.

 

Die goeie nuus is dat ons die manier waarop ons dink kan verander! As jy siek en sat is vir negatiewe selfbeeld of oortuigings  wat jou kortwiek, dan het jy nodig om positief te being dink, en BEVESTIGINGS is 'n goeie manier om te begin, soos byvoorbeeld  ''Ek glo in myself, en sodoende glo ander ook in my.''

 

Dinge wat jy kan doen:

Maak 'n belofte om anders omtrent jouself en dinge rondom jou te dink. Besluit om all die positiewe dinge in die lewe raak te sien en visualiseer die suksesvolle lewe wat jy nou kies.

 

Wees baie eerlik met jouself en leer om te ontspan en die lewe te geniet!

 

Daag jouself uit! Kyk uit vir nuwe geleenthede, tree buite jou "gemakssone" en vind nuwe dinge om te doen. Doen iets spesiaals, net vir jou, iets wat jy nog altyd wou doen. Ontmoet nuwe mense, leer at jy moet weet... wees optimisties!

 

Net deur hierdie klein veranderings te maak sal 'n dramatiese effek op jou lewe hê!

 

7. Verantwoordelikheid

Neem beheer van jou lewe - Dink bewustelik oor jou woorde, gedagtes en aksies. Gee jouself tyd om te dink, te beplan en jou suksesse te visualiseer. Wees bewus dat alleenlik jy verantwoordelik is vir jou lewe, niemand anders nie. Jy is waar jy is vandag deur jou eie keuses. Deur verantwoordelikheid te neem sal jy in 'n beter posisie wees om die keuses te maak wat sal lei tot die lewe wat jy kies.

 

Neem Verantwoordelikheid vir Jouself

Hierdie is 'n baie belangrike prinsiep - As 'n volwasse is jy alleenlik verantwoordelik vir die keuses in jou lewe. Soveel mense wil andere blameer vir hulle omstandighede of vir alles wat verkeerd is in hul lewe. Hierdie houding is self-misleidend; elke situasie in ons lewe kan toegeskryf word aan 'n besluit of nie-besluit wat ons gemaak het óf bewustelik of onbewustelik in die verlede. As ons eers net ophou blameer en ontken en aanvaar dat ons deel was van die omstandigheid, dan kan ons makliker voort beweeg and leer van ons foute.

 

Wat mense baie maal vergeet is dat ons leer deur ons foute, en as ons ons foute ontken of weier om verantwoordelikheid te neem, dan leer of verbeter ons nie. Dit is meesal diegene wat foute in die lewe maak en weer probeer wat die interessantste mense is. Elke fout, elke katestrofe, is 'n lewensondervinding, deel van ons lewensstorie. Deur voort te beur en nie bang te wees om 'n fout te maak nie, deur te leer uit elke hoofstuk van ons lewe, groei ons in wysheid en as 'n persoon.

 

Ons moet ook herken dat ons verantwoordelik is vir hoe ons reageer teenoor ander mense en gebeurtenisse in ons lewe. Volgens my is dit nie wát met ons gebeur nie, maar hoé ons daarop reageer wat belangrik is. As jou verwantskappe met ander mense nie te goed gaan nie, ondersoek jou eie gedrag - gewoonlik reageer mense op jou gedrag en houding.

 

Byvoorbeeld, as jy kwaad of vol wrok is, sal dit deurskemer in jou woorde en houding en sal jy dus 'n negatiewe reaksie uitlok. Die realiteit is dat, as jy die situasie positief benader het, die uitkoms heel waarskynlik baie anders sal wees, meer positief.

 

Jy is verantwoordelik vir jou HEDE. Moenie ander mense blameer vir wat jy NOU beleef nie - die lewe is 'n ryk tapeserie vol baie belewenisse - moenie dat die slegte dinge jou hele prentjie inkleur nie, kies liewer die vreugde en liefde om jou lewe te kleur.

 

Wanneer Jy nie Verantwoordelikheid Neem nie

Die nagevolg van nie verantwoordelikheid te neem nie kan baie ernstig wees en kan op eindig om jou hele lewe te bepaal. Die tipiese aanduidings van iemand wat nie verantwoordelikheid neem nie is as volg :

 

Afhanklikheid van ander mense

vir erkenning, goedkeuring en aanvaarding

 

Kwaad, Vyandig en Teneergedruk

Die lewe behandel jou onregverdig

 

Angstig

Nie in staat om jouself te vertrou om 'n risiko of

die regte besluit te neem - bang vir alles

 

Faal

in verwantskappe en mikpunte wat jy aanpak

 

Emosioneel of Fisies Ongesond

deur jouself nie te ondersteun nie

 

Verslawende Persoonlikheid

ontsnap verantwoordelikheid, soek uitwendige

antwoorde

 

Oor-verantwoordelik en Skuld-gevoel

Die drang om ander mense te red, behoeftig te wees

(om te voel ander het jou nodig)

 

Nie te kan Vertrou nie

Kannie ander vertrou of veilig saam met hulle voel nie

 

Teenstand teen Kwesbaarheid

Vrees om kwesbaar te voel, baie maal as gevolg van

'n trauma in die verlede

 

Hoe om Verantwoordelikheid te begin neem

Om persoonlike verantwoordelikheid te begin neem, moet jy die volgende aksies neem :

 

  • Neem verantwoordelikheid vir jou reaksies teenoor ander mense en gebeurtenisse in jou lewe
  • Aanvaar dat jy totaal verantwoordelik is vir jou eie keuses
  • Wees vatbaar vir veranderings en nuwe idees omtrent die lewe
  • Kry hulp van ander mense
  • Laat vaar angs en onredelike oortuigings  
  • Laat vaar gramskap, vrees, blaam, wantroue en onsekerheid    
  • Neem risikos, wees bereid om kwesbaar te wees vir verandering in jou lewe  
  • Gebruik positiewe verklarings  

 

8. Wees Oop en Vol Vertroue

Laat vaar alle vrees - en vertrou in die proses van die lewe. Wees vatbaar vir al die wonderlike geleenthede rondom jou. Weet dat JY 'n unieke plek volstaan in die Heelal en dat jy alles verdien wat die Heelal het om te offer.

 

Begin vir jou self sorg - Om effektief in die lewe te wees, moet jy geestelik en fisies die beste wees wat jy kan - dade van self-sorg is dade van self-liefde en is essensieel vir jou gesondheid.  Wees gaaf teenoor jouself en behandel jouself met liefde.

 

Volgende - AANLYN HULP vir 'n suksesvolle en passievolle lewe...

 

 

Last Updated ( Thursday, 23 April 2009 )
 
< Prev   Next >

 
 
Tell a Friend
Image
 
NUWE ARTIKELS !
FRIDAY STORIES
.
02/01/09 Being Rich
09/01/09 It's Relative
16/01/09 Do-It-Yourself
23/01/09 Attitude In...
30/01/09 Daffodil Prin...
02/02/09 BEING RICH
06/02/09 Being Down
Mid-week Filler
13/02/09 Valentine
Mid-week filler
20/02/09 Best Time
27/02/09 Flowers on...
06/03/09 Changing...
13/03/09 Save them!
20/03/09 Can You Sleep?
27/03/09 See The Trees
03/04/09 Chocolate!
10/04/09 Alone at Easter
17/04/09 Grandma Who..
24/04/09 Growth ...
01/05/09 The Gift
08/05/09 Scars of Love
15/05/09 The Pickle Jar
22/05/09 Who, What...
29/05/09 About Smiling
05/06/09 Alice in...
12/06/09 Goals
19/06/09 Way to Go!
26/06/09 Goals
03/07/09 Goals
10/07/09 Spanish
17/07/09 What Do You...
24/07/09 Take Breaks
31/07/09 A Magic Way
07/08/09 Mama's Hands
14/08/09 Being Wealthy
21/08/09 A Mother
27/08/09 Circumstances
20/08/2010 Live this Day
FRIDAY ARCHIVE
Iets Spesiaals

Art & Creativity - My Sketsboek

Art & Creativity Sales Blog


Hedgie's Nature Journal 

THE BUSINESS OF BLISS

 

Wat op Aarde...?

 

KLASSIEKE MOTORS

 

Artists' Circle op Facebook

Vroue-Dagboeke op Facebook 

 

 

 
Klassieke Motors - Jaguar, Aston Martin, Austin Healey, AC Cobra Ace, MGB, ens
Image
Clarkson's Classic Cars - 

There are few, if any, pieces of hardware as emotive as the car. The story of classic and dream cars charts the progress of our own history and experience.

Adverteer jou besigheid hier vir NET R35.00 pm! KONTAK ONS vir verdere besonderhede

 

LEEF JOU VERBEELDING, NIE JOU GESKIEDENIS NIE! -- GENIET JOU DAG!
 

ImageActionOnline - Trotse Gasheer vir OORVLOED - "Die Bewuste Webwerf" © 2005