Hallo daar!
HOOF ITEMS
ONS HOOFBLADSY ONS HOOFBLADSY
GELOOFSBELYDENIS
WAT & WIE?
KONTAK ONS
GASTE BOEK
- SKAKELS Web
- SKAKELS Mense
LAASTE WOORD ...
GRATIS GOED
ONS DOEL...
1 Vreugde is die Doel!
2 Net een waarheid?
3 Net deur liefde...
4 'n Dringende God ...
5 'n Verslaafde Geliefde
6 Slegte Dinge?
7 Waar Is Jy?
8 Kinderdae...
9 Kuns van Toelating
10 "JOU" Ekonomie
ONS HULPMIDDELS
INLEIDING
- Wet van Die Heelal
- Aantrekkingskrag
- Aksiegids
- Kies Jou Rigting
- Mag van Oortuiging
- Stop Self-Sabotasie
- Mag van Dankbaarheid
- 9 Prinsipes vir...
- Verwesenlik Jou Drome
- AFFIRMASIES
- AANLYN HULP
ONS TAAL!
Ons Pragtige Taal!
"Hip" Afrikaans!
Die Wêreld is Engels...!
Jou Eggenote
Die Tug van Ons Kroos
Vandag ...
Glo ...
Toegeeflikheid
Oktobermaand
Sleng-bekendstelling
Afrikaanse Gedigte
Gedigte 1
Gedigte 2
Kers Gedigte 1
Digtersprofiele
Woorde van Liedjies
SELF-SORG ITEMS
> Selfsorg & Vreugde
> Wees Lief vir Jouself!
> Jy & Jou Werk
> Wat Doen Jy?
> Jy en Oefening...
> Versorgingswenke
> Diep Asemhaling
> Selfsorg & Meditasie 1
> ADEMIE - Inspirasie
> Vakansietyd
> Selfsorg en Vrede
> Emosionele Hulp
> Jou Selfhelplysie!
SPRAAKSTUKKE
* Voorsiening
* Gaan alles oor GELD?
* Jy sal Alleenlik...
* Is Eerlikheid Nodig?
* Sukses en die Les
* Innerlike Gemoedsrus
* Om Ryk te Wees
* Die Vermiste Skakel
* Is Armoede Goed?
* 'n Passievolle Lewe
* Verandering ...
* Manifesteer Vreugde
* Gesag Oor Jou Kinders
* Praat Net Daaroor...
* Jou Vlak van Aanstoot
* Die Langste Reis...
* OORVLOED is Oral
WAT OP AARDE...?
Ons Moeder Aarde... Ons Moeder Aarde...
Aardverwarming...?
Feit of Fiksie?
Aardsgenesing
Die Nut van Insekte
Blaarsnyer-Miere
Woud Gebed
Aards-Gebed
Feite oor Moederaarde
Die Mier en die Sprinkaan
Sprinkane
Koeie Wat Winde Opbr...
Het Plante 'n Bewussyn?
Kenners Stry...
Daar Is Genoeg!
Onsinnigheid van Mors
Herfs en Mei-maand
Mierre Offer Hul Lewe Op
Ons S.A. Skrywers
Skrywers & Digters
Sleng of nie?
- Andre van Eyk 1
- Andre van Eyk 2
- Andre van Eyk 3
- H. Serfontein Smeiman
- DeWaal Venter
- Minette Brink
- Herman Rudolph
- Elizabeth Kendall
OORVLOED Praat Sommer maar net...
'n "Nuwe Suid-Afrika?"
Joernaalaantekeninge
Maak Iets ...
Koeitjies en Kalfies
Spring Fever
Severe Winter
Aksies vir...
Jou Perspekteif
Louis Hosea de Wet
Uithouvermoë
Voorspoedige Lewe
1000 Albasters
Oktobermaand!
Kersfees Vieringe
Laat Alles Gaan...
Hou Op Omgee
Jou Idees...
Where's My Stuff?
Verandering
Opwindende lewe!
Wyshede
Perfeksie
Skuldgevoel
Jy Tart die Heelal
Andere se Keuses
Tyd van Ontwaking
Rebellie Gebeur
Begeerte
Altyd op Pad
Ander Goed
Klassieke Motors
Verklarings
Daaglikse Inspirasies
Lag in Afrikaans!
INSPIRASIE

 

HIERDIE INHOUD SAL MAANDELIKS VERANDER

 

01 Augustus 2010

 

 As die mensdom kon verstaan dat "wat ek skep het niks te doen met wat enige iemand anders besig is om te skep nie" dan sou ons nie so bang wees vir wat ander mense doen nie.

 

 

 

SINDIKAAT

 

 
Image

 

AFFIRMASIE VIR DIE WEEK 

 

"Ek is SO dankbaar vir my inkomste. Ek het 'n werk wat ek geniet, 'n uitstekende loopbaan en ek kan alles bekostig vir my familie."

 

                             Kliek hier om Affirmasie-kaartjies te koop.

 

 

We have 3 guests online
Welkom by OORVLOED! - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - DINAMIES & OMSTREDE!

 

Afrikaans - DIE TUG VAN ONS KROOS PDF Print E-mail
Monday, 08 September 2008
 

DIE TUG VAN ONS KROOS

- C.J. Langenhoven

 

Moenie jou kinders onskuldige plesier belet nie. Hulle sal dit steel en dan is jy nie daarby om te sien dat hulle nie die skuldige by·steel nie.

 

Moenie opgeskeep wees met jou kweperlat nie, moenie orig wees met jou tug nie, moenie jou strengheid goedkoop maak nie. Jy kan jou kinders slaan oor elke kleine stoutigheid, en dan plaas jy die kleine op gelyke voet met die grote stoutigheid: want daarby kan jy ook nie meer doen as slaan nie.

 

Maak jou straf seldsaam, maak hom duur, maak hom gewigtig. Jou kinders het 'n verre wêreld om deur te gaan waar hulle baie stampe en stote van vreemde sal kry: daar lê baie droefheid en teespoed en ongeluk nog voor hulle; en hulle dae van onskuldige kindergenot en die lewenslus om dit ten volle te geniet sal hulle nooit weer terug kry as hulle onder die skaduwee van jou dak uit is nie.

 

Hulle begint nog maar hulle weg wat vol strikvalle en slagysters is; hulle het self nie die ervaring gehad om op hulle hoede te wees vir die gevare nie: hulle het 'n vriend nodig om hulle te waarsku en raad te gee. Wees jy die vriend van jou kinders; moenie hulle die moed ontneem om na jou toe te kom met al hulle kleine moeilikhede en besware en teleurstellinge nie. Onthou, jy was 'n kind soos hulle nou is, maar hulle was nooit volwasse soos jy nou is nie.

 

Hulle kan jou nie verstaan om hulle na jou standpunt te skik nie; jy behoort hulle te kan verstaan om jou na hulle standpunt te skik. Dis 'n sware en verraderlike wêreld waar jy hulle ingebring het sonder hulle keuse: wees hulle beskermer en nie hulle dwingeland nie totdat hulle sterk genoeg is om vir hulleself te staan. Win hulle vertroue, en hulle sal van hulleself te veel dink om jou te bedrieg. Maar anders sal hulle jou belieg oor die kleine kwaad om jou straf te ontgaan, en hulle sal uitvind dat die leuen ook goed genoeg is vir die grote kwaad. En wanneer hulle die waarheid by toeval spreek sal jy hulle nie kan glo nie: en jy sal hulle laat vrykom waar hulle skuldig is en straf waar hulle onskuldig is. Jy sal hulle opregtheid ondermyn en hulle regverdigheidssin verderf, en hulle tot bedrieërs maak.

 

Daar sal altyd tye kom wanneer jy hulle moet straf, al is jy hoe sag. Jou kinders is nie heilig nie, want hulle aard na jou. Straf dan en straf streng, en laat jou dreigement nooit ydel wees nóg jou beloftes nie. Maar om die straf sal hulle jou nie haat nie maar eerbiedig: dit is nie die straf van 'n bose vyand nie maar van 'n liefhebbende en geliefde ouer. Wees die boesemvriend van jou kinders, en jy sal met doeltreffendheid die vyand kan wees van hulle ondeugde.

Last Updated ( Thursday, 23 April 2009 )
 
< Prev   Next >

 
 
Tell a Friend
Image
 
NUWE ARTIKELS !
FRIDAY STORIES
.
02/01/09 Being Rich
09/01/09 It's Relative
16/01/09 Do-It-Yourself
23/01/09 Attitude In...
30/01/09 Daffodil Prin...
02/02/09 BEING RICH
06/02/09 Being Down
Mid-week Filler
13/02/09 Valentine
Mid-week filler
20/02/09 Best Time
27/02/09 Flowers on...
06/03/09 Changing...
13/03/09 Save them!
20/03/09 Can You Sleep?
27/03/09 See The Trees
03/04/09 Chocolate!
10/04/09 Alone at Easter
17/04/09 Grandma Who..
24/04/09 Growth ...
01/05/09 The Gift
08/05/09 Scars of Love
15/05/09 The Pickle Jar
22/05/09 Who, What...
29/05/09 About Smiling
05/06/09 Alice in...
12/06/09 Goals
19/06/09 Way to Go!
26/06/09 Goals
03/07/09 Goals
10/07/09 Spanish
17/07/09 What Do You...
24/07/09 Take Breaks
31/07/09 A Magic Way
07/08/09 Mama's Hands
14/08/09 Being Wealthy
21/08/09 A Mother
27/08/09 Circumstances
20/08/2010 Live this Day
FRIDAY ARCHIVE
Iets Spesiaals

Art & Creativity - My Sketsboek

Art & Creativity Sales Blog


Hedgie's Nature Journal 

THE BUSINESS OF BLISS

 

Wat op Aarde...?

 

KLASSIEKE MOTORS

 

Artists' Circle op Facebook

Vroue-Dagboeke op Facebook 

 

 

 
Klassieke Motors - Jaguar, Aston Martin, Austin Healey, AC Cobra Ace, MGB, ens
Image
Clarkson's Classic Cars - 

There are few, if any, pieces of hardware as emotive as the car. The story of classic and dream cars charts the progress of our own history and experience.

Adverteer jou besigheid hier vir NET R35.00 pm! KONTAK ONS vir verdere besonderhede

 

LEEF JOU VERBEELDING, NIE JOU GESKIEDENIS NIE! -- GENIET JOU DAG!
 

ImageActionOnline - Trotse Gasheer vir OORVLOED - "Die Bewuste Webwerf" © 2005