|
Blaarsnyer-miere 
Blaarsnyer-miere sny blare van plante en bome af en groei dan fungus op hierdie gesnyde deeltjies. Hulle gebruik hierdie fungus om hul larwes mee te voed (die miere self drink meesal plantsap van die gesnyde deeltjies). Die ware blaarsnyers is beperk tot twee genera miere (Atta en Acromyrmex) wat bestaan uit 'n totaal van 38 spesies. Hulle is die engiste diere (behalwe mense) wat vars plant-materiaal neem en hulle eie voedsel daaruit voortbring. Die groot soldate kan deur leer sny! Blaarsnyer-miere is beperk to die droë, semi-tropiese en tropiese gebiede van Suid-, Sentraal- en Noord-Amerika, en hulle is een van die mees ekologiese dominante miere oral waar hulle gevind word. Hulle is klaarblyklik die mees wel-bekendste miere aan die plaaslike mense sowel as toeriste in hierdie omgewings, hoofsaaklik oor hul skouspelagtige gewoonte om gekleurde blomblare en blare in lang rye te dra wat partymaal langer as 250m kan wees!  Hulle het een van die mees gesofistikeerde diere-gemeenskappe in die wêreld. Die rede is hul buitengewone manier van boerdery (hulle is die enigste diere (behalwe mense) wat hul voedsel groei), hul uiterste groot kolonies (tot 8 miljoen individue) en hul fantastiese saam-leef sisteem (met miere van verskillende groottes en vorms wat verskeie take uit voer in die kolonie). Wanneer die miere die nes bereik met hul versamelings, gee hulle dit vir kleiner miere wat dit dan vinnig na een van hul vele kweek-tuine neem. Die blare word dan in kleiner en kleiner stukkies geprosesseer totdat die deeglik-gemastikeerde resultaat dan in die groeiende kultuur geplaas word. Die kleinste miere versorg dan hierdie wollerige fungus - hulle oes spesiale voedende fungi genaamd "gongylidia" wat hull dan aan die res van die kolonie versprei. Die blaarsnyer-miere het groot baat gevind by die vernietiging van baie van die natuurlike woude - hulle het in ons menslike ongewing in beweeg waar daar minder gevare vir hulle was soos hul natuurlike predatore. Die uiteindelike impak op die omgewing is bereken op biljoene US dollars - hulle verteer soveel blare as 'n volgroeide koei in 'n dag en hul blaarsny-aktiwiteite word bereken op 12-17% van die jaarlikse boerdery produksie!
|