Hallo daar!
HOOF ITEMS
ONS HOOFBLADSY ONS HOOFBLADSY
GELOOFSBELYDENIS
WAT & WIE?
KONTAK ONS
GASTE BOEK
- SKAKELS Web
- SKAKELS Mense
LAASTE WOORD ...
GRATIS GOED
ONS DOEL...
1 Vreugde is die Doel!
2 Net een waarheid?
3 Net deur liefde...
4 'n Dringende God ...
5 'n Verslaafde Geliefde
6 Slegte Dinge?
7 Waar Is Jy?
8 Kinderdae...
9 Kuns van Toelating
10 "JOU" Ekonomie
ONS HULPMIDDELS
INLEIDING
- Wet van Die Heelal
- Aantrekkingskrag
- Aksiegids
- Kies Jou Rigting
- Mag van Oortuiging
- Stop Self-Sabotasie
- Mag van Dankbaarheid
- 9 Prinsipes vir...
- Verwesenlik Jou Drome
- AFFIRMASIES
- AANLYN HULP
ONS TAAL!
Ons Pragtige Taal!
"Hip" Afrikaans!
Die Wêreld is Engels...!
Jou Eggenote
Die Tug van Ons Kroos
Vandag ...
Glo ...
Toegeeflikheid
Oktobermaand
Sleng-bekendstelling
Afrikaanse Gedigte
Gedigte 1
Gedigte 2
Kers Gedigte 1
Digtersprofiele
Woorde van Liedjies
SELF-SORG ITEMS
> Selfsorg & Vreugde
> Wees Lief vir Jouself!
> Jy & Jou Werk
> Wat Doen Jy?
> Jy en Oefening...
> Versorgingswenke
> Diep Asemhaling
> Selfsorg & Meditasie 1
> ADEMIE - Inspirasie
> Vakansietyd
> Selfsorg en Vrede
> Emosionele Hulp
> Jou Selfhelplysie!
SPRAAKSTUKKE
* Voorsiening
* Gaan alles oor GELD?
* Jy sal Alleenlik...
* Is Eerlikheid Nodig?
* Sukses en die Les
* Innerlike Gemoedsrus
* Om Ryk te Wees
* Die Vermiste Skakel
* Is Armoede Goed?
* 'n Passievolle Lewe
* Verandering ...
* Manifesteer Vreugde
* Gesag Oor Jou Kinders
* Praat Net Daaroor...
* Jou Vlak van Aanstoot
* Die Langste Reis...
* OORVLOED is Oral
WAT OP AARDE...?
Ons Moeder Aarde... Ons Moeder Aarde...
Aardverwarming...?
Feit of Fiksie?
Aardsgenesing
Die Nut van Insekte
Blaarsnyer-Miere
Woud Gebed
Aards-Gebed
Feite oor Moederaarde
Die Mier en die Sprinkaan
Sprinkane
Koeie Wat Winde Opbr...
Het Plante 'n Bewussyn?
Kenners Stry...
Daar Is Genoeg!
Onsinnigheid van Mors
Herfs en Mei-maand
Mierre Offer Hul Lewe Op
Ons S.A. Skrywers
Skrywers & Digters
Sleng of nie?
- Andre van Eyk 1
- Andre van Eyk 2
- Andre van Eyk 3
- H. Serfontein Smeiman
- DeWaal Venter
- Minette Brink
- Herman Rudolph
- Elizabeth Kendall
OORVLOED Praat Sommer maar net...
'n "Nuwe Suid-Afrika?"
Joernaalaantekeninge
Maak Iets ...
Koeitjies en Kalfies
Spring Fever
Severe Winter
Aksies vir...
Jou Perspekteif
Louis Hosea de Wet
Uithouvermoë
Voorspoedige Lewe
1000 Albasters
Oktobermaand!
Kersfees Vieringe
Laat Alles Gaan...
Hou Op Omgee
Jou Idees...
Where's My Stuff?
Verandering
Opwindende lewe!
Wyshede
Perfeksie
Skuldgevoel
Jy Tart die Heelal
Andere se Keuses
Tyd van Ontwaking
Rebellie Gebeur
Begeerte
Altyd op Pad
Ander Goed
Klassieke Motors
Verklarings
Daaglikse Inspirasies
Lag in Afrikaans!
INSPIRASIE

 

HIERDIE INHOUD SAL MAANDELIKS VERANDER

 

01 Augustus 2010

 

 As die mensdom kon verstaan dat "wat ek skep het niks te doen met wat enige iemand anders besig is om te skep nie" dan sou ons nie so bang wees vir wat ander mense doen nie.

 

 

 

SINDIKAAT

 

 
Image

 

AFFIRMASIE VIR DIE WEEK 

 

"Ek is SO dankbaar vir my inkomste. Ek het 'n werk wat ek geniet, 'n uitstekende loopbaan en ek kan alles bekostig vir my familie."

 

                             Kliek hier om Affirmasie-kaartjies te koop.

 

 

We have 8 guests online
Welkom by OORVLOED! - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - DINAMIES & OMSTREDE!

 

Afrikaans - DIE WAARDERING VAN ONS EGGENOTE PDF Print E-mail
Wednesday, 20 August 2008

 

DIE WAARDERING VAN ONS EGGENOTE

- C.J. LANGENHOVEN

 

Waardeer jou vrou soos die appel van jou oog. Dis nie 'n geringe saak dat daar iemand is wat onderneem het om haar hele lewe met jou te verslyt nie.

 

Jy sal wel nou en dan hoor dat iemand van jou geseg het hy kan jou nie verdra nie. Soos gebruiklik is, sal dit agter jou rug gesê geword het; en soos ook gebruiklik is, sal dit deur 'n derde persoon aan jou oorgedra geword het. Die aanmerking sal jou seergemaak het en jy sal bitter gevoel het teen die man wat dit geuiter het. Want niks grief ons só as om in ons eieliefde gekrenk te word nie. Maar probeer jy ooit om 'n verskoning te maak, om 'n ekskuus te soek, vir die buurman wat nie van jou hou nie?

 

Ondersoek jy ooit of hy nie taamlik rede het vir sy teesin nie? Probeer nou eenmaal om jouself te sien soos hy jou sien, om in jou eie oë te kyk, om jou te beoordeel asof jy nie jy was nie maar 'n blote voorwerp om sonder persoonlike voorkeur of partydigheid te bestudeer. Plaas jou gees daarbuite op 'n afgesonderde standpunt en bekyk die gebrekkige verskynsel wat nou vir die eerste maal onder jou aandag kom. Jy sien voor jou 'n liggaam wat kortkom aan skoonheid: waaraan jy die bou, die kleur, die gelaatstrekke, die uitdrukking, in honderde opsigte sou moes verander (as die verbetering in jou vermoë was) voordat hy artistiek volmaak was.

 

Jy luister na die stem wat uit die liggaam te voorskyn kom en hy is min musikaal; ontevrede met die klank, ondersoek jy die uitspraak, die woordekeus, die taalvorm, en dié weer stel jou teleur. Jy trek jou aandag van die vorm af en bepaal hom by die inhoud; jy gaan die betekenis van die woorde na, die waarde van die gedagtes wat daardeur by benadering uitgedruk word; en wat verstandig is, vind jy is nie origineel nie; en wat origineel is, is nie verstandig nie. Hier is 'n sotheid, daar 'n gemeenplaas; min van die gedagtes was die moeite werd om te dink, nog minder die moeite werd om te uiter. Jy bekyk die skepsel oor die algemeen: hier is 'n maniertjie, daar is 'n aanwendsel, ginds is 'n houding: die hele voorwerp, in sy dele en in sy geheel, in sy uiterlike en in sy inwendige, is onaantreklik en onlieflik. Kan jy die smaak van die buurman veroordeel wat só 'n gedoente "nie kan verdra nie?"

 

En tog, dit is die ding wat jy jou vrou mee opskeep. Daarmee word sy elke oggend wakker, daarmee raak sy elke aand aan die slaap. Die spookgestalte, die wangedrog, vergesel haar deur haar lewe: dié dien sy en bedien sy en pas sy op en liefkoos sy. En al die foutjies en houdinkies (ek neem dit dat daar nie ál te growwe by is nie) die het sy lief as onafskeibare trekke wat help om die beminde geheel te vorm.

 

Voorwaar, haar liefde bedek 'n menigvuldigheid van kwaad! En om dié liefde, wat jou nie net kan verdra nie (al is daar soveel rede vir die teenoorgestelde) maar jou op haar hart dra, en in haar hart, en in die binneste van haar siel; om dié liefde, o man, wat jou uiterste verdienste oneindig oortref:

 

om dié liefde, waardeer jou vrou!

Last Updated ( Thursday, 23 April 2009 )
 
< Prev   Next >

 
 
Tell a Friend
Image
 
NUWE ARTIKELS !
FRIDAY STORIES
.
02/01/09 Being Rich
09/01/09 It's Relative
16/01/09 Do-It-Yourself
23/01/09 Attitude In...
30/01/09 Daffodil Prin...
02/02/09 BEING RICH
06/02/09 Being Down
Mid-week Filler
13/02/09 Valentine
Mid-week filler
20/02/09 Best Time
27/02/09 Flowers on...
06/03/09 Changing...
13/03/09 Save them!
20/03/09 Can You Sleep?
27/03/09 See The Trees
03/04/09 Chocolate!
10/04/09 Alone at Easter
17/04/09 Grandma Who..
24/04/09 Growth ...
01/05/09 The Gift
08/05/09 Scars of Love
15/05/09 The Pickle Jar
22/05/09 Who, What...
29/05/09 About Smiling
05/06/09 Alice in...
12/06/09 Goals
19/06/09 Way to Go!
26/06/09 Goals
03/07/09 Goals
10/07/09 Spanish
17/07/09 What Do You...
24/07/09 Take Breaks
31/07/09 A Magic Way
07/08/09 Mama's Hands
14/08/09 Being Wealthy
21/08/09 A Mother
27/08/09 Circumstances
20/08/2010 Live this Day
FRIDAY ARCHIVE
Iets Spesiaals

Art & Creativity - My Sketsboek

Art & Creativity Sales Blog


Hedgie's Nature Journal 

THE BUSINESS OF BLISS

 

Wat op Aarde...?

 

KLASSIEKE MOTORS

 

Artists' Circle op Facebook

Vroue-Dagboeke op Facebook 

 

 

 
Klassieke Motors - Jaguar, Aston Martin, Austin Healey, AC Cobra Ace, MGB, ens
Image
Clarkson's Classic Cars - 

There are few, if any, pieces of hardware as emotive as the car. The story of classic and dream cars charts the progress of our own history and experience.

Adverteer jou besigheid hier vir NET R35.00 pm! KONTAK ONS vir verdere besonderhede

 

LEEF JOU VERBEELDING, NIE JOU GESKIEDENIS NIE! -- GENIET JOU DAG!
 

ImageActionOnline - Trotse Gasheer vir OORVLOED - "Die Bewuste Webwerf" © 2005