|
Friday, 27 June 2008 |
|

Stop Self-Sabotasie - Maree de Wet  Teen hierdie tyd behoort jy presies te weet wat jy begeer en wat jou begeester. Ook moet jy teen nou 'n soliede plan in plek te hê om jou mylpale te behaal en jy't ook jou geloofstelsel ge-evalueer en jou selfvertroue goed opgebou. As jy dit als behaal het - geluk! Maar dis tyd om nou voort te beweeg ... Hier gaan ons kyk na 'n paar feite wat jou planne kan omvergooi as jy nie waaksaam is nie. Ons praat van 'self-sabotasie' gedragte. Het jy al ooit dinge gedoen wat jou groot probleme veroorsaak het alhoewel dit nie was wat jy beplan het nie? Soos byvoorbeeld om aanhoudend vir werk laat te wees, al het jou baas jou al hoeveel maal gewaarsku? Of miskien hou jy aan on 'junk' kos te eet al probeer jy gewig verloor? As jy al voorheen in similêre situasies was, jy is nie alleen nie. Maar... hoekom doen ons hierdie dinge? vra jy dalk. 'n Mens sou dink dat die vasstel van 'n doel en 'n plan opstel daarvoor behoort genoeg te wees om ons te kry om te wees waar ons wil wees. Wel, normaalweg ja, maar ongelukkig is dit nie genoeg nie. Ons het voorheen gehoor dat ons onderbewussyn partymaal teen ons werk al glo en weet ons bewustelik ons wil iets hê. Daar is heelwat skynbare redes hiervoor en gewoonlik is die rede vrees of 'n ingewortelde oortuiging of albei. Vrees is een van die hoof oorsake van versperring om Die Wet van Aantrekkingskrag in jou lewe toe te pas en kan baie sterk wees as ons dit toelaat. Partymaal is die vrees só sterk dat dit jou verlam. As ons nie leer hoe om van vrees onslae te raak nie, sal ons nie eers probeer nie en is dit klaarpraat met al ons planne. Ons sal nooit alles wat ons begeer aantrek as ons toelaat dat vrees en verlamming ons lewens oorheers nie! Hou in gedagte dat dit AKSIE is wat Die Wet van Aantrekkingskrag aktiveer. Volg skryfster Susan Jeffers se advies... ''Voel die Vrees en Doen Dit in Elk geval!'' Wees braaf. Kyk vrees vol in die gesig. Tien teen een het vele ander dit al gedoen. En as andere dit al gedoen het, dan kan ek en jy ook. Neem die eerste stap en hou aan beweeg. DOEN dit net en Die Wet van Aantrekkingskrag sal die res doen! Kyk na die volgende gedragte en vra jouself of een van al ooit jou planne gefnuik het. Gedrag #1 Uitstelling ================== As jy jouself al ooit in 'n situasie bevind het waarby jy net nie aan die gang kan kom met 'n taak nie, al wil jy hoe graag, dan is jy besig met UITSTELLING. Dalk het jy vir ure televisie gekyk of skielik moes die motorhuis skielik skoon gemaak word of allerhande ander verskonings - net solank jy nie hoef te doen wat jy MOET doen nie - werk aan jou mylpale. Blykbaar wou jy jouself weglei van die taak. Hoekom? Glo dit of nie, uitstelling het nie veel te doen met luiheid nie, maar eerder met vermyding. Meesal wil jy die onderliggende vrees of weerstand vermy vir dié wat jy nie gereed voel om te doen nie. Wanneer dit met jou gebeur, vra jouself ... Wat is ek besig om te vermy? En mees belangrik ... Hoekom? Skryf enige antwoorde neer en deur na hulle te kyk kan jy agterkom dat dit te doen het met pyn. Hier is 'n paar teenstrydige gedagtes wat dalk sal opkom ... ''As ek suksesvol is sal van my vriende nie meer van my hou nie'' of ''As ek suksesvol is sal ek baie hard moet werk, met mense moet deel, boekhouers in diens neem en meer belasting betaal'' of ''Ek ken 'n paar ryk mense, en hulle is almal skobbejakke'' of similêre idees. Wanneer jou onderbewussyn dink dat jou nuwe idees en doele dalk pyn sal veroorsaak, dan volg uitstelling. Maar jy kan hierdie patroon verbreek, rerig. Onthou jy die vorige artikel? Dit gaan als oor jou oortuigings. Stop en dink na vir 'n oomblik ... dit hoef nie moeilik of eensaam te wees nie en jy hoef ook nie in 'n skobbejak te verander nie. Dit hang alleenlik van jou en jy alleen af. En dit is sekerlik beter om MEER belasting te betaal as om te bekommer waar die volgende sent vandaan gaan kom. En al daardie groepe vriende wat elke Woensdag golf speel, lyk hulle vir jou eensaam? Soos jy jou oortuigings verander het, so ook sal jy jou geestestoestand verander en ophou om dinge uit te stel. Gedrag # 2 Diep-gesetelde Gewoontes ========================================= Maak nie saak hoe vuur en vlam jy is oor jou nuwe doelpunte nie, jou ou, diep-gesetelde gewoontes kan so solied soos sement voel. Die grootste fout wat ons baie maal maak is om onsself te misgis oor presies hoeveel energie en harde werk dit gaan vat om veranderings aan te bring. Ons is so gewoond om dinge op 'n sekere manier te doen, so wanneer ons probeer om al daardie gemaklike roetines te verander, voel ons onseker en verward. Psigoloë noem dit ''uittreding uit die gemaks-sone'' en dit kan waarlik moeilik wees vir meeste van ons. Om op jou gemak te raak met nuwe gewoontes, moet jy dit lank genoeg doen totdat dit tweede natuur word. Onthou, dis hoe jy in die eerste plek gemaklik geraak het met waar jy is, al is dit nie juis waar jy wil wees nie. Jy sal geweldig moet fokus om die ou gewoontes te verander, maar mettertyd sal hulle ook solied soos sement wees. Besluit NOU om dit maar net te doen, al voel dit ongemaklik. Onthou dat jy Die Wet van Aantrekkingskrag sal aktiveer om al jou drome te bewaarheid en kort voor lank sal jy weer gemaklik voel. Die verskil is dat jy nou gemaklik sal voel met jou nuwe, verbeterde gewoontes - dis soos om 'n ''nuwe'' gemaks-sone te ontwikkel. Ja, dit is presies wat jy besig is om te doen - 'n nuwe gemaks-sone wat meer in in lyn is met al jou drome en doele! Herken Tekens van Self-Sabotasie ======================================== Die grootste geskenk wat jy jouself kan gee is self-bewustheid.Die onderbewuste natuur van self-sabotasie is wat dit so moeilik maak om to herken, maar met genoeg eerlike self-ondersoek sal jy jouself beter begin verstaan. Dan sal jy sien wanneer jy jou eie doele teëwerk. Jy sal dan ook sien hoekom Die Wet van Aantrekking nie vir jou werk nie. Jy sal herken wanneer jy vreesagtig of huiwerig voel om buite jou gemaks-sone te tree. Jy sal uitstellingsgedrag herken en stappe kan neem om dit alles te vermy. Hou in gedagte dat alles wat jy doen gekoppel is aan pyn of plesier. Stop en dink of jou oortuiging oor 'n sekere iets besig is om jou te verhoed om vorentoe te beweeg want jy glo dalk dit gaan ongemaklik of pynlik wees. Dink nou bewustelik hoe jy daardie oortuiging kan verander na een wat jou op die regte pad kan sit om jou drome te verwesenlik en plesier te verskaf. Doen dit aanhoudend en elke keer wanneer jy vind jy wil iets uitstel. Dit sal dalk nie maklik wees aan die begin nie, maar hoe meer jy oefen, hoe gouer sal jy die ou patrone herken. Dis eenvoudig as jy dit net eers snap. Jy moet net gewillig wees om aandag te bestee, vrees te oorkom en voort te gaan op die pad na sukses - maak nie saak wat nie. Ek Wens Jou Voorligting Toe in Jou Self-Ontdekking! Volgende ... Die Mag van Dankbaarheid
|
|
Last Updated ( Thursday, 23 April 2009 )
|