Hallo daar!
HOOF ITEMS
ONS HOOFBLADSY ONS HOOFBLADSY
GELOOFSBELYDENIS
WAT & WIE?
KONTAK ONS
GASTE BOEK
- SKAKELS Web
- SKAKELS Mense
LAASTE WOORD ...
GRATIS GOED
ONS DOEL...
1 Vreugde is die Doel!
2 Net een waarheid?
3 Net deur liefde...
4 'n Dringende God ...
5 'n Verslaafde Geliefde
6 Slegte Dinge?
7 Waar Is Jy?
8 Kinderdae...
9 Kuns van Toelating
10 "JOU" Ekonomie
ONS HULPMIDDELS
INLEIDING
- Wet van Die Heelal
- Aantrekkingskrag
- Aksiegids
- Kies Jou Rigting
- Mag van Oortuiging
- Stop Self-Sabotasie
- Mag van Dankbaarheid
- 9 Prinsipes vir...
- Verwesenlik Jou Drome
- AFFIRMASIES
- AANLYN HULP
ONS TAAL!
Ons Pragtige Taal!
"Hip" Afrikaans!
Die Wêreld is Engels...!
Jou Eggenote
Die Tug van Ons Kroos
Vandag ...
Glo ...
Toegeeflikheid
Oktobermaand
Sleng-bekendstelling
Afrikaanse Gedigte
Gedigte 1
Gedigte 2
Kers Gedigte 1
Digtersprofiele
Woorde van Liedjies
SELF-SORG ITEMS
> Selfsorg & Vreugde
> Wees Lief vir Jouself!
> Jy & Jou Werk
> Wat Doen Jy?
> Jy en Oefening...
> Versorgingswenke
> Diep Asemhaling
> Selfsorg & Meditasie 1
> ADEMIE - Inspirasie
> Vakansietyd
> Selfsorg en Vrede
> Emosionele Hulp
> Jou Selfhelplysie!
SPRAAKSTUKKE
* Voorsiening
* Gaan alles oor GELD?
* Jy sal Alleenlik...
* Is Eerlikheid Nodig?
* Sukses en die Les
* Innerlike Gemoedsrus
* Om Ryk te Wees
* Die Vermiste Skakel
* Is Armoede Goed?
* 'n Passievolle Lewe
* Verandering ...
* Manifesteer Vreugde
* Gesag Oor Jou Kinders
* Praat Net Daaroor...
* Jou Vlak van Aanstoot
* Die Langste Reis...
* OORVLOED is Oral
WAT OP AARDE...?
Ons Moeder Aarde... Ons Moeder Aarde...
Aardverwarming...?
Feit of Fiksie?
Aardsgenesing
Die Nut van Insekte
Blaarsnyer-Miere
Woud Gebed
Aards-Gebed
Feite oor Moederaarde
Die Mier en die Sprinkaan
Sprinkane
Koeie Wat Winde Opbr...
Het Plante 'n Bewussyn?
Kenners Stry...
Daar Is Genoeg!
Onsinnigheid van Mors
Herfs en Mei-maand
Mierre Offer Hul Lewe Op
Ons S.A. Skrywers
Skrywers & Digters
Sleng of nie?
- Andre van Eyk 1
- Andre van Eyk 2
- Andre van Eyk 3
- H. Serfontein Smeiman
- DeWaal Venter
- Minette Brink
- Herman Rudolph
- Elizabeth Kendall
OORVLOED Praat Sommer maar net...
'n "Nuwe Suid-Afrika?"
Joernaalaantekeninge
Maak Iets ...
Koeitjies en Kalfies
Spring Fever
Severe Winter
Aksies vir...
Jou Perspekteif
Louis Hosea de Wet
Uithouvermoë
Voorspoedige Lewe
1000 Albasters
Oktobermaand!
Kersfees Vieringe
Laat Alles Gaan...
Hou Op Omgee
Jou Idees...
Where's My Stuff?
Verandering
Opwindende lewe!
Wyshede
Perfeksie
Skuldgevoel
Jy Tart die Heelal
Andere se Keuses
Tyd van Ontwaking
Rebellie Gebeur
Begeerte
Altyd op Pad
Ander Goed
Klassieke Motors
Verklarings
Daaglikse Inspirasies
Lag in Afrikaans!
INSPIRASIE

 

HIERDIE INHOUD SAL MAANDELIKS VERANDER

 

01 Augustus 2010

 

 As die mensdom kon verstaan dat "wat ek skep het niks te doen met wat enige iemand anders besig is om te skep nie" dan sou ons nie so bang wees vir wat ander mense doen nie.

 

 

 

SINDIKAAT

 

 
Image

 

AFFIRMASIE VIR DIE WEEK 

 

"Ek is SO dankbaar vir my inkomste. Ek het 'n werk wat ek geniet, 'n uitstekende loopbaan en ek kan alles bekostig vir my familie."

 

                             Kliek hier om Affirmasie-kaartjies te koop.

 

 

We have 21 guests online
Welkom by OORVLOED! - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - DINAMIES & OMSTREDE!

 

Mag van Oortuiging PDF Print E-mail
Friday, 27 June 2008

Active Image

 

 

DIE MAG VAN OORTUIGING 

- Maree de Wet

Active Image

 

Hier sal ons kyk na 'n uiterse belangrike aspek van sukses - Oortuiging.

 

Jy sal dalk wonder wat oortuigings met enigiets te doen het. Dis tog maar net gedagtes, nie so nie? Ja, oortuigings is inderdaad gedagtes, maar meerenmaals bepaal dit jou aksies en reaksies.

 

Jou oortuigings het die mag om jou terug te hou van dit wat jy wil doen wat jou sal gelukkig maak.

 

Jou oortuigings het 'n impak op alles wat jy doen en nie doen nie. Om hierdie feit te besef is die eerste stap in die rigting om die oortuigings wat jou verhinder om vorentoe te beweeg, te verander.

 

Die Mag van Oortuiging (Geloof)

==================================

Kom ons speel vir 'n oomblik dat jy die oortuiging het dat jy nie geregtig is op sukses en geluk nie. Wees nou 'n bietjie geduldig - jy dink seker daar's g'n manier dat jy so iets kan glo nie, want jy lees dan hierdie en wil suksesvol wees!

 

Baie van ons gelowe en oortuigings sit in ons onderbewussyn sonder dat ons eers weet hulle is daar. Dis dalk gekoppel aan traumas van ontstellende omstandighede, van ons kinderdae ofiets wat ons ondervind het later in die lewe.

 

Aangesien hierdie oortuiging in jou onderbewussyn is, kan dit veroorsaak dat jy jou aksies half-pad deur saboteer of veroorsaak dat jy gladnie eers probeer nie, want jy dink dis 'n mors van tyd. Als dié gaan aan sonder dat jy eers daarvan bewus is!

 

Maar dis nie die enigste manier waarop sekere oortuigings jou kan kortwiek nie. Veronderstel jy glo dat niks in die lewe maklik is nie; dat jy baie hard moet werk om 'n klein bietjie vooruit te kom - miskien het 'n ouerlike figuur hierdie 'wysheid' by jou ingeprent of jy glo dit sommer maar net vanself.

 

Het jy ooit dinge gehoor soos ... ''Geld groei nie aan bome nie'' of ''Ons kan dit nie bekostig nie'' of enigiets soortgelyks?

 

Wat kan hierdie tipe geloof veroorsaak? Eerstens kan jy dalk weerstand voel vir enige geleenthede wat klink of dit ''te goed is om waar te wees'' alleenlik omdat jy glo dat sulke goeie dinge nie sommer net so met JOU kan gebeur nie.

 

Jy mag dalk ook hulp afwys wat iemand offer, al het jy dit dringend nodig. Jy mag dalk so vêr gaan as om struikelblokke vir jou self te skep net om te bewys dat jou oortuiging reg is.

 

Dit klink dalk verregaande, maar die bewussyn is baie ingewikkeld. Dis verbasend hoe maklik ons onsself kan oortuig om iets te glo en hoe ons dan vuriglik ons geloof kan verdedig indien iemand dit bevraagteken - selfs jy jouself.

 

So, hoe weet jy of jy gelowe of oortuigings het wat jou terug hou?

 

'n Maklike manier is om pen en papier te vat en die volgende neer te skryf :

 

''Ek verdien om suksesvol en gelukkig te wees''

''Om sukses te bekom is maklik vir my''

"Ek vind dit maklik om baie geld te maak''

"Ek ondervind geleenthede waar ookal ek gaan''

''Ek weet presies wat ek wil hê''

"Ek is gereed om enige uitdaging te aanvaar''

"Ek glo in my vermoë om suksesvol te wees''

 

Kyk nou na elke verklaring wat jy neergeskryf het en neem notisie van hoe jy voel binne jou. As enige verklaring in teenstryd is met wat jy glo, sal jy skuldig of ongemaklik voel, nes asof jy nie die

waarheid vertel nie. Die gevoel is dalk baie subtiel, maar as jy mooi luister sal jy dit aanvoel.

 

Sit 'n regmerkie langs elke verklaring wat nie soos die waarheid vir jou voel nie. Daardie is die gelowe of oortuigings waaraan jy moet werk en verander om vooruit te streef.

 

En hoe verander 'n mens nou huidige oortuigings? Jy vervang hulle met meer magtige oortuigings. Jy sal NIKS verander tensy jy daarvan bewus is en dit erken nie.

 

Dit is hoekom Beplanning en Strategie so belangrik is - dit sal jou help om bewus te word van  nuttelose oortuigings - nou is dit tyd om hulle te erken.

 

Volg op deur positiewe plegtige verklarings te beoefen en oortuig jouself jy verdien die beste. Die oorheersende magte in jou lewe is die gedagtes wat jy gereeld onderhou.

 

Sodra jy ontdek wat jou terug hou, begin die teenoorgestelde te dink. Soos die dinge waaraan jy dink materialiseer, sal jou nuwe gedagtes jou nuwe oortuigings word en hierdie oortuigings sal jou aksies bepaal vir sukses.

 

Daar is NIKS wat jy nie kan doen nie. Limiete bestaan alleenlik in jou gedagtes. Begin deur dit te erken en oortuig jouself dit is 'n feit.

 

Dit word gesê dit neem 21 dae om 'n gewoonte te breek. Ek sê dis net nog maar iemand anders se oortuiging. Ek sal jou liewer vra - hoe gráág wil jy jou oortuigings verander? Jy sal moet werk daaraan, maar baie het dit al gedoen en jy kan ook.

 

Kom ons gebruik hierdie verklaring as 'n voorbeeld om die vorige verklaring ''Ek is gereed om enige uitdaging te aanvaar'' op te klaar -

 

As jy ongemaklik gevoel het toe jy dit gelees het, dan weet jy jy betwyfel jou vermoë om uitdagings te hanteer. Jou plan moet nou wees om jouself te oortuig dat jy enige uitdagings KAN hanteer, want jy kan, glo my.

 

Dink terug aan vorige uitdagings in jou lewe - hoe het jy dit gehanteer? Het jy ingespring en gedoen wat jy moes of het jy meegegee onder die drukking?

 

As jy net een uitdaging kan onthou wat jy suksesvol gehanteer het, dan het jy 'n soliede vastrapplek om ander oortuigings te verander. En ons het almal al uitdagings gehad op een of ander punt.

 

Jy moet eenvoudig maar net jouself oortuig dat, as jy een uitdaging kon oorkom, jy andere kan hanteer. Hoe meer gereeld jy hierdie konsep in jou gedagtes kan inprent, hoe gouer sal jou onderleggende oortuiging verander.

 

Al kan jy nie aan enige suksesvolle uitdagings in die verlede dink nie, moet nog nie op gee nie! In pleks daarvan, dink aan 'n geleentheid om nou 'n uitdaging te takel. Kies iets eenvoudig wat uitdagend sal wees en doen dit!

 

Dit klink dalk intimiderend, maar jy sal jouself verras. Meesal is ons tot BAIE MEER in staat as waarvoor ons onself krediet gee. Jy sal nooit weet totdat jy probeer nie.

 

Nadat jy selfs een klein uitdaging gehanteer het, sal jy voel hoe jou self-vertroue groei en sal jy opgewonde en gewillig wees om weer te probeer.

 

Hou in gedagte dat, om jou gelowe en oortuigings te verander, tyd sal neem maar as jy aanhou sal dit nie lank wees voor jy 'n groot verandering in jou houding merk nie.

 

En net soos met vele ander dinge in die lewe, hoe meer jy oefen, hoe beter word jy!Sodra jy dit bemeester, sal Die Wet van Aantrekkingskrag vir jou begin werk, want dan voel jy bemagtig en glo jy is in staat om enige iets te doen wat jy besluit.

                                  

"Whatever the Mind Can Conceive and Believe, It Can Achieve."

~ Napoleon Hill

 

Mag Jy Voorspoedige Oortuigings Behaal!

 

Volgende ... Stop Self-Sabotasie

Last Updated ( Thursday, 23 April 2009 )
 
< Prev   Next >

 
 
Tell a Friend
Image
 
NUWE ARTIKELS !
FRIDAY STORIES
.
02/01/09 Being Rich
09/01/09 It's Relative
16/01/09 Do-It-Yourself
23/01/09 Attitude In...
30/01/09 Daffodil Prin...
02/02/09 BEING RICH
06/02/09 Being Down
Mid-week Filler
13/02/09 Valentine
Mid-week filler
20/02/09 Best Time
27/02/09 Flowers on...
06/03/09 Changing...
13/03/09 Save them!
20/03/09 Can You Sleep?
27/03/09 See The Trees
03/04/09 Chocolate!
10/04/09 Alone at Easter
17/04/09 Grandma Who..
24/04/09 Growth ...
01/05/09 The Gift
08/05/09 Scars of Love
15/05/09 The Pickle Jar
22/05/09 Who, What...
29/05/09 About Smiling
05/06/09 Alice in...
12/06/09 Goals
19/06/09 Way to Go!
26/06/09 Goals
03/07/09 Goals
10/07/09 Spanish
17/07/09 What Do You...
24/07/09 Take Breaks
31/07/09 A Magic Way
07/08/09 Mama's Hands
14/08/09 Being Wealthy
21/08/09 A Mother
27/08/09 Circumstances
20/08/2010 Live this Day
FRIDAY ARCHIVE
Iets Spesiaals

Art & Creativity - My Sketsboek

Art & Creativity Sales Blog


Hedgie's Nature Journal 

THE BUSINESS OF BLISS

 

Wat op Aarde...?

 

KLASSIEKE MOTORS

 

Artists' Circle op Facebook

Vroue-Dagboeke op Facebook 

 

 

 
Klassieke Motors - Jaguar, Aston Martin, Austin Healey, AC Cobra Ace, MGB, ens
Image
Clarkson's Classic Cars - 

There are few, if any, pieces of hardware as emotive as the car. The story of classic and dream cars charts the progress of our own history and experience.

Adverteer jou besigheid hier vir NET R35.00 pm! KONTAK ONS vir verdere besonderhede

 

LEEF JOU VERBEELDING, NIE JOU GESKIEDENIS NIE! -- GENIET JOU DAG!
 

ImageActionOnline - Trotse Gasheer vir OORVLOED - "Die Bewuste Webwerf" © 2005