Hallo daar!
HOOF ITEMS
ONS HOOFBLADSY ONS HOOFBLADSY
GELOOFSBELYDENIS
WAT & WIE?
KONTAK ONS
GASTE BOEK
- SKAKELS Web
- SKAKELS Mense
LAASTE WOORD ...
GRATIS GOED
ONS DOEL...
1 Vreugde is die Doel!
2 Net een waarheid?
3 Net deur liefde...
4 'n Dringende God ...
5 'n Verslaafde Geliefde
6 Slegte Dinge?
7 Waar Is Jy?
8 Kinderdae...
9 Kuns van Toelating
10 "JOU" Ekonomie
ONS HULPMIDDELS
INLEIDING
- Wet van Die Heelal
- Aantrekkingskrag
- Aksiegids
- Kies Jou Rigting
- Mag van Oortuiging
- Stop Self-Sabotasie
- Mag van Dankbaarheid
- 9 Prinsipes vir...
- Verwesenlik Jou Drome
- AFFIRMASIES
- AANLYN HULP
ONS TAAL!
Ons Pragtige Taal!
"Hip" Afrikaans!
Die Wêreld is Engels...!
Jou Eggenote
Die Tug van Ons Kroos
Vandag ...
Glo ...
Toegeeflikheid
Oktobermaand
Sleng-bekendstelling
Afrikaanse Gedigte
Gedigte 1
Gedigte 2
Kers Gedigte 1
Digtersprofiele
Woorde van Liedjies
SELF-SORG ITEMS
> Selfsorg & Vreugde
> Wees Lief vir Jouself!
> Jy & Jou Werk
> Wat Doen Jy?
> Jy en Oefening...
> Versorgingswenke
> Diep Asemhaling
> Selfsorg & Meditasie 1
> ADEMIE - Inspirasie
> Vakansietyd
> Selfsorg en Vrede
> Emosionele Hulp
> Jou Selfhelplysie!
SPRAAKSTUKKE
* Voorsiening
* Gaan alles oor GELD?
* Jy sal Alleenlik...
* Is Eerlikheid Nodig?
* Sukses en die Les
* Innerlike Gemoedsrus
* Om Ryk te Wees
* Die Vermiste Skakel
* Is Armoede Goed?
* 'n Passievolle Lewe
* Verandering ...
* Manifesteer Vreugde
* Gesag Oor Jou Kinders
* Praat Net Daaroor...
* Jou Vlak van Aanstoot
* Die Langste Reis...
* OORVLOED is Oral
WAT OP AARDE...?
Ons Moeder Aarde... Ons Moeder Aarde...
Aardverwarming...?
Feit of Fiksie?
Aardsgenesing
Die Nut van Insekte
Blaarsnyer-Miere
Woud Gebed
Aards-Gebed
Feite oor Moederaarde
Die Mier en die Sprinkaan
Sprinkane
Koeie Wat Winde Opbr...
Het Plante 'n Bewussyn?
Kenners Stry...
Daar Is Genoeg!
Onsinnigheid van Mors
Herfs en Mei-maand
Mierre Offer Hul Lewe Op
Ons S.A. Skrywers
Skrywers & Digters
Sleng of nie?
- Andre van Eyk 1
- Andre van Eyk 2
- Andre van Eyk 3
- H. Serfontein Smeiman
- DeWaal Venter
- Minette Brink
- Herman Rudolph
- Elizabeth Kendall
OORVLOED Praat Sommer maar net...
'n "Nuwe Suid-Afrika?"
Joernaalaantekeninge
Maak Iets ...
Koeitjies en Kalfies
Spring Fever
Severe Winter
Aksies vir...
Jou Perspekteif
Louis Hosea de Wet
Uithouvermoë
Voorspoedige Lewe
1000 Albasters
Oktobermaand!
Kersfees Vieringe
Laat Alles Gaan...
Hou Op Omgee
Jou Idees...
Where's My Stuff?
Verandering
Opwindende lewe!
Wyshede
Perfeksie
Skuldgevoel
Jy Tart die Heelal
Andere se Keuses
Tyd van Ontwaking
Rebellie Gebeur
Begeerte
Altyd op Pad
Ander Goed
Klassieke Motors
Verklarings
Daaglikse Inspirasies
Lag in Afrikaans!
INSPIRASIE

 

HIERDIE INHOUD SAL MAANDELIKS VERANDER

 

01 Augustus 2010

 

 As die mensdom kon verstaan dat "wat ek skep het niks te doen met wat enige iemand anders besig is om te skep nie" dan sou ons nie so bang wees vir wat ander mense doen nie.

 

 

 

SINDIKAAT

 

 
Image

 

AFFIRMASIE VIR DIE WEEK 

 

"Ek is SO dankbaar vir my inkomste. Ek het 'n werk wat ek geniet, 'n uitstekende loopbaan en ek kan alles bekostig vir my familie."

 

                             Kliek hier om Affirmasie-kaartjies te koop.

 

 

We have 15 guests online
Welkom by OORVLOED! - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - DINAMIES & OMSTREDE!

 

Kies Jou Rigting PDF Print E-mail
Friday, 27 June 2008

Active Image

 

 

Kies Jou Rigting

- Maree de Wet

 

Active Image  

Ons het gepraat oor die belangrikheid van die ontdekking waaroor jy geesdriftig of passievol is. So laat ek 'n vraag vra - het jy nou meer helderheid omtrent wat dit is wat jy REGTIG wil hê? Nog nie? Neem dan nog 'n bietjie tyd om helderheid te kry - nog 'n dag of twee sal nie saak maak nie. Glo my, die tyd gespandeer sal dit werdwees!

 

Helderheid is die mees belangrike stap tot die aanskakeling van Die Wet van Aantrekkingskrag en om te kry wat jy begeer. Moenie hierdie stap oor slaan nie - dit is van die UITERSTE belang - jy kan nie by jou destinasie arriveer as jy nie weet waarheen jy op pad is nie!

 

Sodra jy jou passie bepaal het en 'n oogmerk in gedagte het (of dit nou 'n nuwe loopbaan is of persoonlike groei) sal jy wil bepaal wat die eenvoudigste en mees-effektiewe manier is, en daarvoor het jy 'n plan nodig.

 

Jy wil 'n soliede plan skep met sleutel aksie stappe, sowel as 'n Plan B vir die onverwagte. Terloops, dit is hier waar plegtige verklarings en visualisasies 'n groot rol sal speel om jou by te staan om enige uitdagings wat sal kop uitsteek, te oorkom. (Sien artikel oor ''Visualisasie'')

 

Kies Jou Rigting en Beplan Jou Strategie

====================================

Kom ons breek hierdie op in 3 maklike stappe. Jy sal dalk 'n notaboek wil aanskaf en so onmiddellik begin saamwerk. Jy sien, baie mense lees net die stappe, dink dis 'n goeie idee en beplan om 'volgende Maandag' te begin, of die naweek of volgende week.

 

Dan gebeur 'die lewe' en almal vergeet van hulle oorspronklike plan. Dit gebeur deurentyds, selfs met mense met goeie voornemens - dis droewig, want hulle kom nooit so vêr as om 'n doelpaal te behaal nie. Moenie een van hulle wees nie!

 

 Stap # 1

Verbreek Jou Mylpaal in Kleiner Mylpale

==================================

Of jy nou werk aan 'n nuwe konstruksie of 'n fisiese gebou of a nuwe uitkyk op die lewe, jy het 'n soliede fondasie nodig om op te bou. Sonder 'n soliede fondasie is ondergang verseker. Maar noudat jy jou plan op papier het, waar begin jy?

 

Hierdie afdeling sal dit vir jou opklaar en teen die tyd dat jy klaar is, sal jy presies weet watter stappe jy moet neem om Die Wet van Aantrekkingskrag aan die gang te sit vir daardie spesifieke mylpunt in jou lewe. Terloops, jy kan hierdie metodes gebruik vir enige mylpale wat jy stel.

 

Sê nou maar jou liefde lê in webwerf ontwerp. Jou mylpaal is om jou eie winsgewende besigheid te begin as 'n webwerf-ontwerper. So vra jouself 'n paar vrae sodat jy weet waar om te begin :

 

- Het ek reeds die kennis en talent?

- Het ek enige formele opleiding of moet jy nog opleiding kry?

- Het ek genoeg ondervinding om pragtige en verbruikers-vriendelike

  webwerwe te ontwerp?

- Het ek 'n portfeulje om aan voornemende kliënte voor te lê?

- Ken ek iemand wat my dalk sal kan help met my nuwe waagstuk?

- Hoe stel ek my dienste bekend sodat mense van my weet?

- Hoe gaan ek promosies doen op my klein begroting?

 

Die antwoorde op hierdie vrae sal vasstel aan watter kleiner mylpale jy eerste tyd aan spandeer.

 

Hier is 'n paar voorbeelde vir helderheid ...

 

- As jy geen formele opleiding het nie, mag jy dit dalk oorweeg

  om op-lyn lesse te doen of by 'n Kollege in te skryf;

- As jy meer ondervinding nodig het kan jy dalk 'n paar webblaaie

  ontwerp vir oefening;

- As jy klaar opgelei is, netwerk met 'n paar deskundiges in web

  ontwerp;

- As jy reeds met die deskundiges gepraat het, sal jy dalk 'n paar

  voorbeelde van jou werk in 'n portfeule wil saam sit. Jy sal dalk

  selfs 'n webwerf gratis vir iemand ontwikkel vir 'n goeie verwysing.

- Wanneer jy gereed is om jou produk te bemark met jou klein

  begroting, ondersoek verskeie lae koste of gratis promosie offers.

 

Deur jou goeie punte en swakhede te bepaal, bou jy 'n sterk fondament om jou mylpaal te behaal.Terwyl jy als neerskryf, wil jy dalk ook jou onderbewussyn inspan om te help - dit sal jou kreatiwiteit aanwakker.

 

Hier is 'n goeie oefening om te help ... Maak jou oë toe en visualiseer dat jy klaar jou doel bereik het - voel die opwinding - haal diep asem - wens jouself geluk - glimlag - neem 'n paar minute en geniet die gevoel!

 

Stap # 2

Bepaal Jou Hoof Aksie Stappe - en Begin Met Hulle!

============================================

Wanneer jy jou groot mylpaal in kleiner mylpale verdeel het, behoort jy op jou papier 'n reeks aksies te sien waarmee jy nou verdere stappe kan neem.

 

Gewoonlik is hierdie stappe alreeds in 'n vanselfsprekende rangorde - bv. as jy geen opleiding het nie en ook nie baie ondervinding nie, sal dit wys wees om daardie aspekte van jou plan op te klaar voordat jy voortgaan.

 

Hou alles net in orde en jy sal stadig maar seker voortbeur na die uitvoering van jou doel.

 

'n Woord van vermaning - maak seker jy werk aan die FOKUSPUNTE wat belangrik is - wees positief, en visualiseer jou mylpaal en hou voet by stuk!

 

Step # 3

Skep 'n Wyse Plan vir die Onverwagte (net ingeval ...)

==============================================

Terwyl jy jou hoof aksie stappe beplan, wil jy dalk ook dink aan enige moontlike onverwagte probleme wat kan kop uit steek en alternatiewe planne maak om hulle te oorkom.

 

Hier's 'n goeie manier om dit te doen :Oorweeg een stap van jou plan - dink aan enige moontlike komplikasies of struikelblokke - beplan dan ekstra, kleiner stappe om hierdie struikelblokke te oorwin.

 

Laat ons dit van nader bekyk - een van jou stappe is om jou dienste bekend te stel, maar jy weet jy het nie enige bemarkings ondervinding nie en jou begroting is klein.

 

So nou besluit jy dat 'n deeltydse pos te as web-ontwerper jou die geleentheid sal gun om nog geld te spaar terwyl jy terselfdertyd meer ondervinding opbou.

 

Maar wat as jy dalk nie 'n pos kan vind wat jou pas nie? Deur vooruit te dink, kan jy dalk 'n ander uitweg vind, soos byvoorbeeld :

 

- 'n Klomp webwerwe te bou sodat jy jou ondervinding en portfeulje kan opbou;

 

- 'n Webwerf op te stel wat al jou dienste en fooie sal uiteensit, sowel as die voordele vir  iemand  om 'n web-ontwerper aan te stel;

 

- Om te netwerk met ander web-ontwerpers om uit te vind wat hulle doen omtrent die groei van hulle besigheid, sowel as om dalk deeltyds vir hulle te werk vir ondervinding.

 

- Doen navorsing oor plaaslike besighede wat dalk van jou dienste gebruik sal maak;

 

- Berei 'n aangesig-tot-aangesig presentasie om jou werk te vertoon en om jou dienste te  verduidelik;

 

Jy hoef nie te veel hieroor te tob nie, maar probeer vir elke plan 'n paar opsies gereed te hê - dan sal jy gereed wees om Plan B in werking te stel sonder enige probleme. Dit is baie belangrik, want vele mylpale word gesaboteer sodra probleme kop uitsteek oordat die bloeiende entrepeneur dan nie weet wat om verder te doen nie, so dan doen hulle niks en gooi tou op. Moenie laat dit met jou gebeur nie.

 

En onthou altyd dat, as jy dalk ontmoedig raak, jy altyd kan teruggaan en dink aan jou oorspronklike passie en geesdrif en waarom jy dit wil doen.

 

Verkry energie van daardie gedagte. Gebruik bevestigingsverklarings. Sien dit weer in jou geestesoog en voel die emosie asof dit alreeds in werking is.

 

Volgende is "Die Mag van Oortuiging" en die rol wat oortuiging speel in jou daaglikse ondervindings.

 

 Active Image  Mag jy Briljant wees in die Beplanning van Jou Strategie!

--------------------------------------------------------------------------------------------------------

''Die geheim om vooruit te gaan, is om te begin.

Die geheim om te begin is om al die oorweldigende

groot take in meer hanteerbare kleiner takies op te

breek, en dan met die eerste een te begin.''

- Mark Twain

Last Updated ( Thursday, 23 April 2009 )
 
< Prev   Next >

 
 
Tell a Friend
Image
 
NUWE ARTIKELS !
FRIDAY STORIES
.
02/01/09 Being Rich
09/01/09 It's Relative
16/01/09 Do-It-Yourself
23/01/09 Attitude In...
30/01/09 Daffodil Prin...
02/02/09 BEING RICH
06/02/09 Being Down
Mid-week Filler
13/02/09 Valentine
Mid-week filler
20/02/09 Best Time
27/02/09 Flowers on...
06/03/09 Changing...
13/03/09 Save them!
20/03/09 Can You Sleep?
27/03/09 See The Trees
03/04/09 Chocolate!
10/04/09 Alone at Easter
17/04/09 Grandma Who..
24/04/09 Growth ...
01/05/09 The Gift
08/05/09 Scars of Love
15/05/09 The Pickle Jar
22/05/09 Who, What...
29/05/09 About Smiling
05/06/09 Alice in...
12/06/09 Goals
19/06/09 Way to Go!
26/06/09 Goals
03/07/09 Goals
10/07/09 Spanish
17/07/09 What Do You...
24/07/09 Take Breaks
31/07/09 A Magic Way
07/08/09 Mama's Hands
14/08/09 Being Wealthy
21/08/09 A Mother
27/08/09 Circumstances
20/08/2010 Live this Day
FRIDAY ARCHIVE
Iets Spesiaals

Art & Creativity - My Sketsboek

Art & Creativity Sales Blog


Hedgie's Nature Journal 

THE BUSINESS OF BLISS

 

Wat op Aarde...?

 

KLASSIEKE MOTORS

 

Artists' Circle op Facebook

Vroue-Dagboeke op Facebook 

 

 

 
Klassieke Motors - Jaguar, Aston Martin, Austin Healey, AC Cobra Ace, MGB, ens
Image
Clarkson's Classic Cars - 

There are few, if any, pieces of hardware as emotive as the car. The story of classic and dream cars charts the progress of our own history and experience.

Adverteer jou besigheid hier vir NET R35.00 pm! KONTAK ONS vir verdere besonderhede

 

LEEF JOU VERBEELDING, NIE JOU GESKIEDENIS NIE! -- GENIET JOU DAG!
 

ImageActionOnline - Trotse Gasheer vir OORVLOED - "Die Bewuste Webwerf" © 2005