|

Die Grondslag van Jou Lewe is Vryheid; Die Doel van Jou Lewe is Vreugde Die huidige vlaag van Die Wet van Aantrekkingskrag wat deur die wêreld spoel is die 21ste Eeu inspirasie vir duisende boeke, films, skryfwerk en voorlesings wat verantwoordelik is vir die huidige paradigma-verskuiwing van bewustheid. Hier sal jy akkurate opheldering van die basis van Die Wet van Aantrekkingskrag kry asook praktiese applikasies en op-datum, voorleidende inligting aangaande Die Wet van Aantrekkingskrag VREUGDE IS ONS DOEL ... "Die antwoord is nie om jouself te ontdek nie. Die antwoord is om jouself te skep." Ek sê nooit vir mense om te glo wat ek glo of hoekom ek glo of die rede waarom ek glo nie, maar ek herhinner hulle wel dat ons behoort te weet WAT ons glo en HOEKOM ons glo as ons dit gaan glo. Die Allerhoogste Oppermag spreek tot die hart. Ons leer dat die lewe veronderstel is om genotvol te wees en dat vreugde die doel is. Ons leer ook dat dit is wat ons bestem het voor ons hierheen gekom het. Ons leer dat ons enigiets kan wees, ons enigiets kan doen en enigiets kan hê wat ons wil. Ons skep ons eie realiteit en die Heelal reflekteer maar net die essensie terug van hoe ons daaroor voel! Joseph Campbell het gesê, "Volg jou Saligheid." Die Heelal wys ons waar ons kompas vergeet het. Jou kompas? Jou emosies. Hulle is ons gids En, as sulks, is niemand, geeneen - geen instelling, "beweging", familie of vriende -meer gekwalifiseerd om jou leiding te gee nie. Jou emosies is jou eie GPS (global positioning system), 'n rots-vaste, onfeilbare 'persoonlike navigasie toestel' om jou te lei na waar jy wil wees. "Alles is wel. Die wêreld is nie gebreek nie. Julle het nie hierheen gekom om 'n gebreekte wêreld reg te maak nie. Julle is hier om 'n wonderlike lewe te ly. En as julle net kan leer om 'n bietjie te onspan, sal julle begin sien hoe die Heelal kan voorsien in alles waarvoor julle vra." Mense, as julle dít eers snap—die wêreld is julle oester. - Maree de Wet Doen Wat Jy Hier is om te Doen WAT IS BEGEERTE? 'n Begeerte is 'n natuurlike produk van lewe in 'n diverse omgewing.Begeertes word natuurlik geskep binne jou.En wanneer begeertes geskep word, is die begeerte die belofte van die toekoms.Die begeerte is die ontbieding van die lewe. Alhoewel baie van ons nie weet wat ons sê wanneer ons sê, "Vra, en dit sal gegee word", die gevra gebeur wanneer die begeerte binne jou geskep word. Wanneer kontras 'n nuwe besluit of begeerte help tot slotsom kom, is daardie begeerte 'n oproep vir energie. DIE BEGEERTE IS VRA. Die Lewenskrag wat volg as gevolg van 'n begeerte is die antwoord op die vra. "Wat doen ek met my vibrerende uitdrukking die oomblik wat begeerte deur my vloei? Laat ek toe dat die Lewenskrag sonder teenstand deur my vloei of knyp ek dit af?" Jy sal weet deur hoe jy voel: As jy goed voel, dan laat jy dit toe. As jy nie so goed voel nie, dan laat jy dit nie toe nie. Akute depressie bedoel jy laat dit nie toe om sonder teenstand deur jou te vloei nie, terwyl passie bedoel jy laat dit regtig vloei. Of jy nou passie voel of hewige woede, albei hierdie emosies bedoel daar is sterk, sterk, sterk verwekking van begeerte. As dit goed voel, laat jy dit vloei, maar as dit sleg voel, laat jy dit nie vloei nie. DAAR IS 'N ANDER DEEL VAN JOU, JOU NIE-FISIESE INNERLIKE. En daardie ander deel van jou, die God krag binne jou, aanbid dit wat jy is. En hoe gouer jy daardie self-aanbidding kan vind, hoe gouer sal jy die Energie wat waarlik jy is, toelaat om te vloei. ONS IS 'N VERLENGING VAN OORSPRONG ENERGIE. Ons is voortgebring as leidende skeppers. Ons is nie gebroke kruipers wat probeer om ons pad terug te vind na die guns of grasie van iets wat klaar gedaan is nie. Ons is die leidende verlengings van dit. Ons is GOD, verpersoonlik is fisiese liggame, met gedagtes vêr bo dít wat voorheen was. Maar as ons nie toelaat dat die Oorsprong Energie, wat ons is, om deur ons te vloei nie, dan kan ons nie begin om dít te doen waarvoor ons hier is nie. Nou sê jy, "O, goed so, nou kom ons daar. Hoekom is ek hier? Wat het ek hier kom doen?" En die Oppermag sê, jy het hierheen gekom vir meer blootstelling aan meer vreugdevolle ondervindings. En jy vra, "Vir watter doel?" En Die Oppermag sê, vir blootstelling aan meer vreugdevolle ondervindings. En jy sê, "Ja, maar hoekom? Ek is bereid om die enige prys te betaal vir daardie vreugde." Die enigste prys wat jy kan betaal vir vreugde is vreugde. Jy kannie LY vir vreugde nie. "Wel," sê jy, "miskien is ek nie hier vir vreugde nie. Miskien is ek hier om te groei?" Jy kanniedie uitbreiding van die Heelal stop nie. Jy kannie JOU deel van daardie uitbreiding stop nie, want jy is bewustelik gefokus. En soos jy fokus op al die verskeidenheid, word nuwe begeertes binne jou gebore, en word Lewenskrag in die lewe geroep -- en vervul jy jou rede vir hier wees. En dan, as jou mikpunt VREUGDE is, word dit alles een soos jy dit bedoel het. Jy sê. "Hmm, vreugde. Die doel van my lewe is vreugde? Ek is hier om myself te geniet? Sekerlik kan dit nie goed wees nie! Is dit nie hebsug en selfsugtigheid en al die ander dinge wat ek vermaan is om nie te wees nie?" En die Oppermag vra, "Wie het jou vermaan? Ander hebsugtige en selfsugtige mense? Hulle sê 'Dien ons begeertes, nie jou eie nie." Universiële Wette is altyd eenvormig. As uitbreiding van die Heelal 'n goeie ding is, dan is jou uitbreiding ook. As God goed is, dan moet jy, as 'n verlenging van God, ook goed wees. Moenie jou kwel oor die planeet nie; dit is nie gebreek nie En moet jou ook nie kwel oor andere nie. Jy kwel jouself meer oor hulle as wat hulle doen. Daar is mense wat oorlog voer; daar is mense op die slagveld wat meer lewendig voel as OOIT tevore. Moenie probeer om mense te beskerm van die lewe nie; laat hulle toe om hulle eie ondervindings te hê terwyl jy fokus op jou eie ondervindings. Jy is 'n Fisiese Verlenging van Dít Wat Nie-Fisies is Alles-Wat-Is, of God, is nie klaar en wag vir jou om op te vang nie. Jy is die voorbeeld van Gedagte wat meer nastreef : meer van alles wat goed voel, meer van dít wat nuut en glorieryk is. (Jy bring, in wese, hemel na aarde.) Jy is Hier in Hierdie Liggaam Omdat dit Jou Keuse Is Jy wou die kans hê om hierdie heerlike kontras in tyd en ruimte te ondervind en met groot afwagting het jy gekom om te saam te skep met ander wat nastreef, om die proses van bewustelike gedenkswyse te verskerp. (Wat, waar, wanneer en met wie is ook jou keuse.) Die Grondstuk van Jou Lewe is Vryheid; Die Doel van Jou Lewe is Vreugde Jy kan vrylik kies om nuwe paaie van vreugde te ontdek. In vreugde sal jy groei; en in jou wasdom sal jy bytel tot Alles-Wat-Is. (Ewenwel is jy ook vry om gebondenheid of pyn te kies... maar enige iets wat enigeen kies is omdat hulle glo dat dit hulle beter sal laat voel.) Jy is 'n Skepper; Jy Skep Met Jou Gedagtes Meesal skep jy outomaties want jy ontvang waaroor jy dink, of jy dit nou wil hê of nie, maar jy weet deur hoe jy voel of dít wat jy ontvang (skep) is wat jy wil hê. (Waar is jou aandag gefokus?) Enige Iets Wat Jy Jou Kan Voorstel is Joune om te Doen of te Besit Sodra jy jouself vra hoekom jy dit wil hê, word die kern van jou begeerte ge-aktiveer. Hoe sterker jou positiewe gevoelens hoe vinniger ontvang jy dit. (Dit is ewe maklik om 'n kasteel to skep soos dit is 'n knoop.) Jy Kies Jou Skeppings Nes Jy Jou Gedagtes Kies Jou liefdevolle, innerlike mens-wees offer leiding in die vorm van emosie. Dink 'n goeie of slegte gedagte en jy voel 'n goeie of slegte emosie. Besluit jy om jou gedagte verander, dan verander die emosie en die skepping. (Neem meer besluite elke dag.) Die Heelal Het Jou Lief; Want Dit ken jou Diepste Begeertes Jy het na hierdie aarde gekom met groot en wonderlike voornemes en lei jou gedurig op jou gekose paadjie. Wanneer jy goed voel dan laat jy meer in van dít wat jy jou voorgeneem het. (Jy verpersoonlik inspirasie en lewenskrag.) Ontspan Tot in Jou Natuurlike Welwillendheid. Alles is Volkome in Ewewig. (Regtig, dit is!) Die kern van alles wat jy waardeer vloei gedurig tot in jou realiteit. Soos jy meer vind om te waardeer, sal jou toestand van waardering meer kanale skep om voor dankbaar te voel. (Terwyl jy dink, vibreer jy. Terwyl jy vibreer, skep jy.) Jy is 'n Skepper van Gedagtebane Omtrent Jou Eie Pad van Vreugde Niemand kan keer waarheen jy jou gedagtes lei nie. Daar is geen einde aan die vreugdevolle reise wat jy kan ondervind nie. Op die paadjie na jou geluk sal jy alles wat jy wil doen, wees of verlang, ontvang. (Deur ander hul eie reistog toe te laat, laat jy joune toe.) Aksies Wat Jy Neem en Geld Wat Jy Verruil is By-produkte van Jou Fokus Op Vreugde Op jou bewustelike genotvolle reis sal jou aksies geϊnspireerd wees, jou hulpbronne sal oorvloedig wees en jy sal weet deur hoe jy voel dat jy jou motief vir die lewe vervuldig. (Meeste het dit agterstevoor, so hulle voel vreugde in hul aksies of besittings.) Jy Kan Van Jou Liggaam Afskeid Neem Sonder Siekte of Pyn Dit is nie nodig dat jy siekte of pyn aantrek as 'n verskoning om hierdie lewe te verlaat nie.Jou natuurlike staat van hierheen te kom, hier te bly of om te vertrek is een van gesondheid en welwillendheid. (Jy is vry om anders te besluit.) Jy Kan Nie Sterf Nie; Jy is Ewige Lewe Met genade kan jy kies om te ontspan en om saggies terug te gly in jou nie-fisiese staat van pure, positiewe Energie. Jou natuurlike staat is een van Ewigheid. (Geniet alles - verhelder! Jy kan dit nie verkeerd kry nie.) LEEF IN OORVLOED! - Maree de Wet Volgende - Daar is Nie Net Een Waarheid nie...
|