|
'n Kers verloor niks deur 'n ander kers op te steek nie. ~ Erin Majors 
GLO TERWYL ANDER... - William Arthur Ward Glo terwyl ander twyfel. Beplan terwyl ander speel. Studeer terwyl ander slaap. Besluit terwyl ander uitstel. Berei voor terwyl ander dagdroom. Begin terwyl ander afstel. Werk terwyl ander wens. Red terwyl ander praat. Glimlag terwyl ander frons. Prys terwyl ander kritiseer. Hou vol terwyl ander tou opgooi. ------------------------------------------------------------ Wat Is 'n Pa  God het die krag van 'n berg geneem, Die majestieusheid van 'n boom, Die warmte van die somerson, Die kalmte van die see, Die oorvloed van die natuur, Die vertroostende arm van die nag, Die wysheid van eeue, Die mag van die arend se vlug, Die genot van 'n oggend in Lente, Die geloof van Jeremia, Die geduld van die ewigheid, Die diepte van familieskap. Toe het God al hierdie kwaliteite saamgesmelt, Toe daar niks meer was om by te voeg nie, Het Hy geweet sy meesterstuk is voltooi, En toe, Noem Hy dit ... PA ~ Skrywer Onbekend
|