|
7 September 2009 GOD se antwoord: Geskryf deur: Andre van Eyk Ure, dae, maande, jare Kom die geroep na uitkoms, bevryding en regverding Twyfel en hartseer “ego” vandag se harde uitroep !! Kan U my hoor? Alles voel so ver, hoog, ontoereikend. Woorde….slaan vas teen die plafon Dit gaan so goed met alles en almal Hulle loop oor van geluk en bevryding Hul sodate, hul bevrydingsleër Hartseer, ongeluk ‘n lewe sonder sin Soos ‘n stroom water, nou voortgesleur Hoekom…. U so ver? Alles wat mooi is, alles wat edel is Dit van, wil ek weet Sonder pyn, selfsug en …o ja.. jaloesie My beker loop oor Met hoop is daar uitkoms vir my? Leë woorde, beloftes en dit van mense Verborge talente Net U kan dit sien !! Mag van jaloesie , my kanse nou verbeur Doen goed aan almal, soos net jy kan Hy is immers jou broer Jare, maande, dae, ure Het my uur nader gekom? Nee wag…..ons moet kyk Niks wat jy vra sal HY ontsien “Ons daaglikse brood” Dit alles Net genade -------------------------------------- 1 Oktober 2009 Opgewondenheid: Geskryf: A van Eyk Daardie dag toe ek my eerste tree kon gee Ma, Pa , Ouma en Oupa… hulle was daar Kronkel vingers uitgestrek Daardie dag toe ek probeer fiets ry Omgeval, opgehelp met bloed-spatsels teen die muur Voete vuil en tone stukkend…. Daardie dag voor die skool se hek Netjies ge-dress met kouse opgetrek Nee, nie soen… hard roep ek uit! Die klok lui , dit is pouse Daardie dag skater-lag My eerste bal My Pa is mos rugby mal Daardie dag... die seerste val Daardie dag toe ek eerste span speel Die reuk van deep-heat kon my nie skeel Flitse van die spel en wen wat alleen tel Daardie dag in die lang gang Met ‘n senior sonder rang Hier gaan ons leer sonder dwang Sakgeld, boeke en hope skuld Met gas koeldrank wat wag op die “Bult” Daardie dag se plegtigheid Laat my verlang na skoolkinders en jolyt Om ‘n PUK te wees is om ‘n PUK te groet Betower met ‘n tolbosgloed Daardie dag op die trein Met sy huilstem wat protesteer Bitterbessie dagbreek Bitterbesie son Nou is ek groot en ek weet hoekom. -------------------------------------------- 12 Oktober 2009 Hartsnare: Geskryf: A van Eyk Wie ken die hartseer? Die pyn, die diepe seer Nou lag en dan sommer weer huil Moet ek praat of moet ek sommer….. blik in die as Donderslae van onweers-wolke sit kers op, in my hart Gedagtes, woorde, dade, almal opsoek na vrede Die vibrasie van ‘n hartsnaar Altyd noodvas, altyd…in pas Nou, na jare, skielik onbetaamlik kras Kwetsende woorde Wanneer gaan ons leer? Nog ‘n hartsnaar….. buig neer Vandag is vandag die hartsnaar moet reg Waar gaan ons begin? Wie gaan die voorbeeld stel? Die pyn…. vlam skielik weer op Ligsinnige praatjies Nog ‘n hartsnaar verslap Die hartsnaar moet op Manne uit die Ooste Manne uit die Weste Mirre, wierook en ja ook goud Kyk na die sterre…… Die belofte word waar Die hartsnaar moet op In ‘n krip…..sonder “fancy” klere Gebore vir jou en vir my ----------------------------------------------------------- 16 Oktober 2009 BEE Geskryf deur: A van Eyk Ek as kind wonder soms wat is BEE Niemand kan vir my ‘n antwoord gee En die grootmense maak of hul nie weet. Wat is dan…. BEE? Bybel vir Eerste Engele? Nee ….vra jou Pa…. my kind! Dit is hoe dit werk Ons het opgeneuk in die verlede Ek verstaan nie Pa? Het ons dan mense verdoem? Nee, ek glo nie my kind Maar ons was verkeerd. Het geld dan so belangrik geword? Met sente wat skort My werk verloor, maar hoekom? Is ek nie meer goed genoeg nie! Vakmanne, trots op hul werk Verleë om te werk Raakvatters, kansvaterrs nou in dieselfde poel Ons land in ‘n warboel Wat moet ek doen om te sê BEE is cool……. ------------------------------------------------------- 13 November 2009 Kersfees kom Geskryf: A van EykOktober, die mooiste mooiste maand Met winkels vol liggies, net versierings waar jy kyk So “wrinties waar”…die jaar is verby Hierdie jaar het die goeie en slegte laat gebeur Trane wat sê ek is bly en trane wat my rivier bedding skoon-spoel Ek kyk terug…. en prewel….”die jaar is ! sowaar verby Tiende maand dankoffer nou in gange van my gedagtes So moet ons gee….. Sonder voorbehoud sonder ‘n hart, te goed Blomme bloeisels mooi grasperke Skrik wakker uit jou winterslaaap! Voor jy weet klap die klappers soos vuurvliegies in die nag ‘ n Engel koortjie sing, vrede op aarde Vergewe mekaar soos HY ons vergewe het Met groot Engel vlerke, wat my aangesig verberg Hierdie Kersfees sal ‘n groet met ‘n glimlag Met ‘n wete die Mesias kom My olie-lampie …alreeds oorvol Die wyse wat Jesus my vashou Die wyse wat Jesus my toevou Die wyse wat Jesus my vertrou Ja die wyse waarop Jesus my vlerke gee Wat ek nie verdien Nou moet ek groet…. Ons sal mekaar weer in die toekoms sien ----------------------------------- 01 Desember 2009 My siel Geskryf: Andre van Eyk Staan hier styf teen my bors Kyk nou vinnig tot diep in my hart Vier hartkamers, soms, in een saamgevat Die eerste hartkamer is woelig Klere op die vloer Met sê-goed wat speel… woer-woer Die tweede hartkamer is stemmig Met leerwerk in eenvoud gekerf Die derde hartkamer, so besig Dit sal sekerlik In die middernag…..oorspoel Die vierde hatkamer Wat geruisloos klop Luister na my hartklop Luister na my angs Ek sal nie meer Die sin in alles wil gaan soek Treurig is SY bloed Aan die kruis vir ons “ge-boet” AVE -------------------------------------------
|