|
Ons hoop dat jy hierdie webwerf geniet het en ons sal graag van jou wil hoor - advies, idees, opmerkings, voorstelle, opstelle en kritiek of aansporing is altyd welkom. Stuur vir ons jou artikels en idees deur op 'STUUR JOU BYDRAES' te kliek, maar jy moet eers inteken of die HOOFBLADSY. Kom maar kort-kort terug om die nuwe dinge te besigtig was ons van tyd to tyd sal hernu. Daar is soveel dinge en gebeurtenisse in die lewe dat ek nie glo 'n mens kan ooit sonder skryfstof of leesstof sit nie! Nie almal stem met alles ooreen nie en dít is wat die lewe so interessant maak - nie al die inhoud in hierdie blaaie is my persoonlike opinie nie, maar meeste daarvan is wel, soos die feit dat ek nie glo dat die wêreld ''gebreek of stukkend'' is nie. Ons is hier om 'n wonderlike lewe te beleef en as ons net kan begin om te ontspan en alles te onvang sal ons agterkom dat die Heelal ons sal voorsien met alles waarvoor ons vra : MATTHÉÜS 7 7:8 ''Vra, en vir julle sal gegee word; soek en julle sal kry; klop, en vir julle sal oopgemaak word, want elkeen wat vra, ontvang; en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word.'' Laat ons ophou om alles te probeer ''reg'' maak - niks is gebreek nie en als is soos dit moet wees. En moenie jouself oor ander bekommer nie - jy bekommer jouself meer as hulle ... Daar is mense besig met oorlog; hulle is op die slagveld en hulle voel meer springlewindig as ooit tevore in hul lewe! Moenie mense van die lewe probeer beskerm nie; gun hulle hul eie ondervinding terwyl jy fokus op JOU eie ervarings. Kies dít wat vir jou goed voel en hou daarby solank dit jou plesier en genot verskaf. Daardeur sal jy jouself in lyn bring met jou Bronenergie en 'n manjefieke ervaring beleef. Geen mens sal ooit 'n ander skade aandoen as hy Gekonnekteer is aan Bronenergie en die Heelal nie, want wanneer jy Gekonnekteerd is, is jy volmagtig, voel jy nie onseker nie. En as jy nie onseker is nie, dan het jy nie nodig om skade te doen aan iemand vir wie jy bang is nie, want jy is nie bang nie. Jy verstaan dat Welwillendheid en OORVLOED JOUNE is.
Laat van jou hoor - ePos ons ... Die Adres is onder KONTAK ONS.
|