WAT IS OORVLOED? Die woordeboek sê ''rykdom, ryklik, volop, menigte, volheid, weligheid, waar die hart van vol is'' - maar basies is oorvloed hoe ons konnekteer met ons Bronenergie, die Bron van die Heelal, jou God en Voorsiener van alles wat ís ... sonder om één te wees met die Bronenergie van Voorsiening en die Heelal is daar nie oorvloed nie. Ons moet mens ''wees'' en nie mens ''doen'' nie - deur mens te ''wees'' bedoel dit om gelukkig te voel en jou lewe te geniet en in die huidige oomblik te leef - ''wees'' is om in 'n stemming van ''ontvangs'' te wees - wéét wat jou droom is en wat jy wil hê en moenie konsentreer op dit wat jy nié wil hê nie. LIEFDE is die spilpunt waarom die Heelal draai. Daar word gesê dat jy nie kan liefhê voordat jy jouself waarlik lief het nie. Self-sorg, fisies en geestelik, is die absolute fondasie vir enige suksesvolle en oorvloedige lewensstyl - vanuit 'n geheel en al fisiese aspek, hoe beter jy jouself versorg, hoe meer energie het jy vir die lewe en almal om jou. DANKBAARHEID is een van die grootste elemente van oorvloed en deur te sê, ''Dankie Heer, vir dié wonderlike dag wat voorlê!'' begin jy jou dag met voorneme en doelbewustheid. Daardeur kom vrede en doelgerigtheid en 'n verbinding, 'n koppeling met jou Bronenergie. WIE IS OORVLOED? My geboortesertifikaat sê ek is Gezina Maria Cornelia de Wet, gebore in Johannesburg en daarna het ek 'n burger van die wêreld geword. Van Graad I tot Matriek was ek in 5 verskillende skole (Johannesburg, die toé Pietersburg, Umtata, Kroonstad en Welkom - my pa was 'n polisieman en was dus gereëld verplaas van een dorp na 'n ander) en na Matriek het ek nog een jaar gestudeer by Wits Teknikon en 'n diploma in kuns en tale behaal (Afrikaans en Engels) asook 'n diploma in sekretariële dienste. My stêrteken is Taurus en ek het twee susters en een broer, waarvan ek die oudste is, derhalwe is ek gewoond daaraan om beheer te neem van alles en te kry wat ek wil hê. Ek moet nogal daaraan werk om nie 'n ''control freak'' te wees nie, want oorvloed betreë net 'n mens se lewe wanneer jy wéét wat jy wil hê en dit dan oorhandig aan God en die Heelal en vertrou dat alles sal wees soos dit moet. Ek het lankal geleer dat 'n mens jouself moet wees - na-aping is self-moord en buitendien, wie is beter of meer interessant as jy jouself? Ek weet ook dat vir alles is daar 'n teenoorgestelde - binne/buite, bo/onder, wit/swart, negatief/positief en ek het ook al geleer dat 'n mens 'n keuse het en dat daar niks is wat jy ''moet'' doen nie - die ding is net om 'n besluit te neem en dit dan te DOEN. My groot voorliefdes is kuns, diere (veral voëls), die natuur, die kus, skryf, spoelklippe, kerse, die kleur Oranje, Herfs, Lente, Somer, Winter, rekenaartegnologie, my MAC, kristalle, mense, my Landrover en die Heelal. Die toekoms hou wonderlike dinge in vir die mensdom - laat ons dit met vreugde onvang! JOUNE IN OORVLOED! Maree de Wet **************** Jy kan my ook hier besoek : ART & CREATIVITY iCreate-OnLine Classic Cars OORVLOED se Blog VROUE-DAGBOEKE Whatever ... Wat op Aarde...? Hedgie's Joy! Hedgie's Abundance! The Nature of Earth Afrika Street Jewelry Kontak my per e-Pos :
This e-mail address is being protected from spam bots, you need JavaScript enabled to view it
SKYPE : hedgie.clarkson KONNEKTEER OP TWITTER :  OF OP FACEBOOK :
|