Andre van Eyk is een van ons voorste bydraers en lewer gereeld nuwe werke. Lees gerus al Andre se gedigte en kom kort-kort terug vir sy nuutste bydraes.
Andre van Eyk - Kort Biografie

My naam is Andre van Eyk. Ek is 42 jaar oud en woon in Roodepoort. Ek is al 17 jaar….gelukkig getroud. Ons het 2 dogters. (Ja, reg gehoor geen seuns.)Ek is ongelooflik lief vir die natuur en buite-lewe. Ek en my gesin kamp gereeld.
Stokperdtjies: Ek en my vrou speel graag golf. en dan is ek ook baie lief om Christelike boeke te lees. My passie is kinders. Ek is onsettend lief vir kinders. (My eie en ook ander mense sin.) Ek was ook 10 jaar in die Onderwys en vandag werk ek vir ‘n groot Maatskappy as Senior Bestuurder in die Krediet Beheer Dept. Weens my liefde vir kinders, glo ek dat ek seker weer eendag Onderwys sal gee.
My lewensverhaal in kort:
Ek is gebore in Bloemfontein. Kort daarna het my ouers verhuis na Welkom. Ons het ook ‘n draai gemaak in Bothaville en my Hoërskool loopbaan in Pietermaritzburg voltooi.
Vandaar is ek na die PUK- (Potch Universiteit) waar ek Onderwys Studeer het.- My graad en Onderwys Diploma in 1989 verwerf. Ek het skool gegee in Carletonville vir 2 jaar en later dan by Roodepoort Hoër.
Ek het ook baie sukses met my Rugby seuns bereik. My onder 16 Span het in 1995 die Goue Leeus Beeld trofee verower, waarop ek as afrigter baie trots was en steeds is. Ek woon steeds in Roodepoort en geniet skryf, veral gedigte vreeslik baie.
Ek is ook ‘n groot liefhebber van Sport soos Rugby, Krieket, Golf en Tennis.
Lees al Andre se gedigte...
23 April 2009
Winter Jag
-Andre van Eyk
Goud geel loer die winterson oor die heuwels en bulte
Ons moet uit….op die laaste 06:30, praat ek binne-monds
Met ‘n warm blik beker koffie , in my hand
Ken jy die veld meneer?
Ken jy die jag?
Ken jy die reuk van dou-reën in die lug?
Kyk daar is ‘n spoor… vars mis in die pad.
Ken jy die aroma van die wasbos?
Takkies breek saggies… in die doringbos
Kom, volg die spoor
Gebukkend , geweer in die hand
Bloedspatsels in die karoobos
Ken jy die gesmul, nog ‘n repie biltong meneer?
Durf en jag verseker toekoms
Nuwe bloedlyne en voortbestaan…ja verseker.
AVE
----------------------------------
(April 2009)
My liewe kind
Hoe kan ek jou onskuldige plesier belet?
Hoe kan jy dan verstaan om na my wil te skik
Hoe begint ek om al die slagyster gevare te strik
Omdat ek sag is, is ek opgeskeep met die kweperlat
Die stampe en stote van vreemdes te vermy
Soms orig met my geraas
Tog wil…. die groter stoutigheid vorentoe uit die weg te ry
Wil jou so graag na my standpunt skik
Moet tog nie die leun glo van die grote kwaad
Ek was ook ‘n kind soos jy, nou
Gedoop met die Vader se smart
Elke aand op my kniee
Vader, maak my die boesemvriend
Om vyand te wees van al jou ondeugde
AVE
-----------------------------
28 April 2009
My liefie
Jy is..en.. woon in gange waardeur my hart die bloed moet pomp
Die hartkamers kan nie wag dat jy suurstof……
na my donker binneste skenk nie.
So onthou ek elke slaap en wakker word van jou
Soms nog in droomland of soms net ‘n trappie ongesiens
Nee…moenie skrik, dis net ek hier by jou!!
My liefie is soos die see
Soms, is sy sag en soms hoor jy die onrus
Haar liefde wat my oorspoel
Met kabbeling wat sê….ek gee om
My liefie is soos die wind
Wat oor my streel
Met haar vingers in my hare verdeel.
AVE
---------------------------------
28 April 2009
Hande wat ken
Met die maak van my hande
Het ons Hemelse Skepper geweet
Hoe om my hande af te meet….
Die litte nou skeef en krom
Maar steeds geanker in jou kontoere
Van jou lyf
Hande wat kan bid, toegevou
Bymekaar …Here sal U ons huis bewaar?
Hande wat moet bestuur
Here asb. neem U die stuur in die hand
Hande wat soms kinders se kombersies
Oor hul moet trek
Hande wat wat my gesig verberg
As ek nutteloos my sondes seg
AVE
----------------------------------------------
28 April 2009
BO 40
Die “jong man” altyd vol lewe…… nooit moedeloos, onseker, verward.
As hy sy kop van die kussing kon oplig soggens.
Altyd opgeruimd , met nuwe uitdagings wat wag!
Nou skielik gebeur alles ‘n bietjie stadiger, asem kort en hy wonder?
Sy eie liggaam erken hy nie meer wanneer hy in ‘n dowwe spieël kyk nie.
Hoekom altyd die minste wees. My ouers word oud.
Skiet gebedtjies warrel die blou lug op.
My Pa word oud!!
Vakansie lê voor, kinders jubbel van plesier, eksamen is verby.
Gaan die nuwe jaar, wat voorlê, weer nog ‘n lewe eis?
My vrou het reeds haar ouers verloor.
Hartseer krimp in haar binneste, met Kersfees.
Alles ‘n gejaag na wind.
AVE
------------------------------------------------------
28 April 2009
Titel: Rooi wyn
Deur: A van Eyk
Kosmaak is waarvan ek hou
Porter House steak, T-Been wat van ‘n tjop?
Sal ontdooi met net een kyk !!
In die kamp maak ons vuur
Hout en stompe elke uur
Die oranje lig van vuur verlig haar gelaat
Die houtsmaak in my mond
Rooi-wyn volrond
Verouderd soos dit hoort
Wyn en kos , enige tyd
Party en jolyt
Ons word mos 40 of denott ?
----------------------------------------
April 2009
Titel: Liefde
Deur: Andre van Eyk
Die kamp raak vol, voller al voller
Daar is liefde skielik oral om jou
Die mans se oë, hul jolyt
Liefde word gevoel in die aand-briesie
Saggies val die reën
Waar is die liefde?
Ek kan dit nie hier koop nie
Liefde in die hart van nederiges
te vinde…….
Is jou verhouding reg met GOD my seun?
Waar is die liefde?
Hoekom soms so ver
Liefde is so kosbaar
Die oes is ryp, die sekel moet in
Moed en hoop is die anker
Liefde, ja liefde kom van onse HERE
Die ware wingerdstok
---------------------------------------
28 Junie 2009
My Woord
Deur: A van Eyk
Jou woord is jou woord
Nie waar nie meneer
Soms struikel en val
Gaan ek vandag oorvertel
Praat die waarheid
Soms moeilik, soms eenvoudig
Wat is die waarheid?
Nou moet ek dink
Gaan ek ja sê of nee
Waar lê die smet
Die tyd is min
Eenkeer elke uur
Donker is die vrees
Die werklikheid sal vertel
Hoe lank ons nog moet wag?
------------------------------
19 Mei 2009
Straatkinders
-Andre van Eyk - Mei 2009
Donker is die nag
Rye motors wat wag en wag
Hy is nog so klein
Met voete wat bars
Ek wil eers “weg-kyk” maar
My vuurtjie brand, my kersie gee lig
Kinders vat aan die ruite
Binne is dit warm en dig
Net ‘n geldtjie meneer
Hy is nog so klein
Verlig sy nood
Koop kos asseblief
Waar is die grotes?
Nee meneer…. ek is honger
Laat~ aand rol ek rond
Die brood van lewe
Versadig en tevrede in sy mond
AVE
-----------------------------
Junie 2009
Onvoorsiens
Geskryf: Andre van Eyk
Die oggend vroeg het ons gegroet
Ons sien mekaar maar min
Deurmekaar gedagtes dwarrel in die wind
Moet jy nou weer weggaan?
‘n Mens moet werk, dit is ons behoud
Koue rillings lang my ruggraat af
Al die rondry…kinders se sport
Ek moet ja, soder hom “cope”
Vannaaand ‘n telefoon lyn en sy stem hoor
Die son sal weer more skyn
Goudgeel, pienk en lig-rooi
Daar sal kos op die vlug…. wees
Mense staan verstom
Sal alles weer terugkom
Tekens van die tye
Sonder jou hulp kan ek nie loop
Jy het my somerso verkoop
Geslinger uit ‘n hoë mensegemaakte tuig
Deur die wolke van die lug
Hy het geval toe die son
sy radar strale vuur
Vannaand sal my hart ruk
Blou is jou oë, wasig soos die see
-----------------
15 Junie 2009
Wysheid
Geskryf deur: Andre van Eyk
Strome van genade oorspoel my gedagte
Waar kom U wysheid vandaan?
Soms mislei deur die grote kwaad
My wil, my kennis my gedagtes
So val en struikel
Blind in my eie kennis
Sal ek besef…genade so groot
Ken u die volle kennis
Wat is GOD se wil?
Net genade
My verstand te klein
My huwelik struikel en val
Kan nie verstaan, U vrede
Gee moed soos geen mens sal ken
U wyse raad ken my daad
Kinders leer die regte waarheid
Nou positief wees
GOD in beheer
‘n Dowwe spieël …nou wil ek kyk
Raaisels sonder vrees
Ek voel nou warm in my vlees
Dis Hy die Heilige Gees.
----------------------------
Junie 2009
Dankbaarheid:
Geskryf: A van Eyk
Genade onbeskryflik groot
Here U grote almag
Gesondheid, krag, kennis en wysheid
Kind van GOD , U ontferming
Sonder enige kleine kwaad
My tree afgemeet met U daad
My twyfel ongeduld en eie wil
Vir almal my ego stil
Ek weet wat gaan kom!
Leë woorde , julle moet my glo
Elke dag se son, wolke en blomme
GOD se natuur in my vrede
Ek wil U loof
Mens gemaak in U almagtige saak
Met die spreek van ‘n enkele woord
My liefde vir al wat kind
Gee my berusting in die aandwind
Saggies op my vel, dit is GOD se bevel
Stof, gras….of gees
Gaan ek opstaan in my eie vlees
Net U kan sê….ek te wees
Lê my voor U voete neer
Wasskottel in die hand
Nee HERE …ek wil U voete was
Handdoek gedroog
My voete gewas
Dankie HEER , skaam…. U in beheer
---------------------------------------------
Junie 2009
Die Onsigbare Engel
Geskryf: A van Eyk
Vrees pak my beet……
So goed bedoel†..ek wou alles weet
Ingetrek in die gom van haar smet
Ek huil vir die eerste keer in maande
Ek is so moeg, al die seer
Nou moet hy help
Ek het haar lief , Liewe HERE
Kyk die trane oor haar wange rol
Neem My raad ….dit gaan alles wees
Die trane wat ek huil
Niks werd, net verdriet
Hoe kan ek leer om jou iets te bied?
Ek weet…ek rou....ek die verdiende ikoon
Ek het ‘n fout gemaak
Moet asb. my nie verstoot
Jou oë…dit blink sonder wees
Sonder glans, my pa nog ‘n kans
Stadig in die gees
Hardloop soos die wind
Jou hart nie meer in sy baan
Ek bid dat die wind sal draai
Nederig, soos somerson in die baai
Help my iemand!
Wag ek hoor………..
Saggies die Engel en Sy koor
----------------------------------
28 Julie 2009
Pa
Geskryf deur: A van Eyk
Nou skryf ek hierdie gedig net vir jou
Terwyl jy dit nog kan lees
Met mooi en skone gedagtes aan jou
So baie het ek jou teleurgestel
My onkunde en eie wil
Dag vir dag verwonder ek my meer oor jou
Jy is altyd eerlik en opreg
Met onbekendes wat dit seg
Met jou eg wat veg…. vir wat is reg
Jou trots is so groot
Met geen tekens van jou seer
Diep binne in jou geweef
Met die wêreld se geduld
En ‘n wonderlike hart
Wys jy nie altyd liefde
Maar deel in ander se smart
Ek dink terug aan die tye saam met jou
Sterk, eerlik, streng en opreg
Nooit onseker en bang
Pa wat my so goed ken
My planne, opgeruimdhede en my strewe
Wanneer ek rondskarrel in my harwar
Wees asb. trots op my
Ek het nog so baie vrae
Vergewe my en wees my Engel
Ek sal aangaan om te lewe ….Pa my doel en rede.
-------------------------------------------------