|
 . Die gemors wat mense op die planeet maak word baie maal aan diskussies oor aardverwarming gekoppel—in fact, alles word geblameer vir aardverwarming, tot koeie oor die metaangasse wat hulle afskei as gevolg van hulle dieet (wat anders moet ons hulle voer? God het hulle gras-vretend gemaak en as dit metaangasse afskei, so be it. Moet ons van al die koeie ontslae raak om die wêreld te red?). . Die mens word verantwoordelik gehou vir sy aandeel in aardverwarming—blykbaar deur net hier te wees is ons verantwoordelik vir alles. Die feit van ons vooruitgang, die feit van ons tegnologiese vordering, die feit van ons bevolkingsgroei, die feit van ons ontspanning, die feit dat ons hier is, is verantwoordelik vir aardverwarming. Wat is die antwoord? Raak onslae van al die mense en dan sal ons die wêreld red? . Maar ons is nou almal op hierdie planeet van ons en dis veronderstel om 'n wonderlike ondervinding te wees, nie een van vrees en alewige stryd nie. Ons is hier om 'n vreugdevolle lewe te ondervind, om hierdie reis wat ons onderneem te geniet en te waardeer. . Die antwoord op hierdie dilemma lê opgesluit in ons persepsie dat die aarde nie genoeg kan voortbring om al die mense te ondersteun nie, 'n oortuiging dat die aarde nie weet hoe om vir haarself te sorg nie. Sy weet baie goed hoe, en die klimaatsveranderings en ander veranderings wat nou besig is om op die aarde plaas te vind, is bewys daarvan. Bewys dat sy ook moet aanpas en veranderings aanbring om te oorleef. . En soos enige iets in die lewe, moet die mensdom leer hoe om hulle verblyf hier op moeder aarde 'n genotvolle ondervinding te maak, maar met respek vir die gasvrou wat alles voorsien. En net soos ons dankie sê vir ons gasvrou wanneer ons 'n heerlike ete bygewoon het, so ook moet ons dankie sê vir Moeder Aarde en haar mildelike bronne vir ondersteuning van ons leefwyse. . Sover dit die gemors aangaan, is dit iets wat ek nooit sal verstaan nie. Dit bring die vraag na vore: is mense so morsig in hul eie huise? Gooi hulle papiere en gemors rond in hul slaapkamers? Drink en eet hulle uit koppies en borde wat nog nie gewas is nie? Laat hulle gevaarlike plastiekringe en geroeste metaal stukke in hulle werf rondlê sodat hulle kinders en troeteldiere daarin verstringel kan raak en sterf? Gooi hulle toksiese middels in hulle huis en tuin rond, wetende dat dit hulle kan affekteer? . Ons planeet is ons almal se tuiste en behoort behandel te word soos jy jou eie huis en leef spasie en vriende en familie behandel—met respek en tederheid. . En ek skryf nie hierdie woorde as erkenning dat aardsverwarming 'n probleem is nie, maar pure net omdat dit sin maak om 'n respekvolle lewe te ly—respek vir jou medemens, respek vir die diere lewe en plantegroei om jou, respek vir jouself. . Die wet van aantrekkingskrag stipuleer dat jou gedagtes (tesame met jou gevoelens en oortuigingssisteem) jou realiteit na jou aantrek soos 'n kragtige magneet. Dit is nie altyd onmiddelik duidelik of waarneembaar nie, want dit neem 'n rukkie vir jou gedagtes om in die fisiese realm te manifesteer. Daar is 'n buffer van tyd. So dit is duidelik dat, as waaraan jy dink of wat jy doen, jou laat sleg voel, dit belangrik is dat jy jou gedagtes moet verander na iets meer aangenaam. Dankbaarheid vir dít wat jy reeds het sal help om meer aan te trek van dit wat jy wil hê. . Dieselfde is waar as dit kom by die Genesing van ons Aarde Ons moet fokus op wat ons wil hê en nie op wat ons nie wil hê nie. Byvoorbeeld, in plaas van om aandag te gee aan nuus soos oorlog en aardse destruksie, moet ons meer visualiseer dat ons aarde 'n vreedsame plek is, gereinig en genees en ongebroke. *
|