Hallo daar!
HOOF ITEMS
ONS HOOFBLADSY ONS HOOFBLADSY
GELOOFSBELYDENIS
WAT & WIE?
KONTAK ONS
GASTE BOEK
- SKAKELS Web
- SKAKELS Mense
LAASTE WOORD ...
GRATIS GOED
ONS DOEL...
1 Vreugde is die Doel!
2 Net een waarheid?
3 Net deur liefde...
4 'n Dringende God ...
5 'n Verslaafde Geliefde
6 Slegte Dinge?
7 Waar Is Jy?
8 Kinderdae...
9 Kuns van Toelating
10 "JOU" Ekonomie
ONS HULPMIDDELS
INLEIDING
- Wet van Die Heelal
- Aantrekkingskrag
- Aksiegids
- Kies Jou Rigting
- Mag van Oortuiging
- Stop Self-Sabotasie
- Mag van Dankbaarheid
- 9 Prinsipes vir...
- Verwesenlik Jou Drome
- AFFIRMASIES
- AANLYN HULP
ONS TAAL!
Ons Pragtige Taal!
"Hip" Afrikaans!
Die Wêreld is Engels...!
Jou Eggenote
Die Tug van Ons Kroos
Vandag ...
Glo ...
Toegeeflikheid
Oktobermaand
Sleng-bekendstelling
Afrikaanse Gedigte
Gedigte 1
Gedigte 2
Kers Gedigte 1
Digtersprofiele
Woorde van Liedjies
SELF-SORG ITEMS
> Selfsorg & Vreugde
> Wees Lief vir Jouself!
> Jy & Jou Werk
> Wat Doen Jy?
> Jy en Oefening...
> Versorgingswenke
> Diep Asemhaling
> Selfsorg & Meditasie 1
> ADEMIE - Inspirasie
> Vakansietyd
> Selfsorg en Vrede
> Emosionele Hulp
> Jou Selfhelplysie!
SPRAAKSTUKKE
* Voorsiening
* Gaan alles oor GELD?
* Jy sal Alleenlik...
* Is Eerlikheid Nodig?
* Sukses en die Les
* Innerlike Gemoedsrus
* Om Ryk te Wees
* Die Vermiste Skakel
* Is Armoede Goed?
* 'n Passievolle Lewe
* Verandering ...
* Manifesteer Vreugde
* Gesag Oor Jou Kinders
* Praat Net Daaroor...
* Jou Vlak van Aanstoot
* Die Langste Reis...
* OORVLOED is Oral
WAT OP AARDE...?
Ons Moeder Aarde... Ons Moeder Aarde...
Aardverwarming...?
Feit of Fiksie?
Aardsgenesing
Die Nut van Insekte
Blaarsnyer-Miere
Woud Gebed
Aards-Gebed
Feite oor Moederaarde
Die Mier en die Sprinkaan
Sprinkane
Koeie Wat Winde Opbr...
Het Plante 'n Bewussyn?
Kenners Stry...
Daar Is Genoeg!
Onsinnigheid van Mors
Herfs en Mei-maand
Mierre Offer Hul Lewe Op
Ons S.A. Skrywers
Skrywers & Digters
Sleng of nie?
- Andre van Eyk 1
- Andre van Eyk 2
- Andre van Eyk 3
- H. Serfontein Smeiman
- DeWaal Venter
- Minette Brink
- Herman Rudolph
- Elizabeth Kendall
OORVLOED Praat Sommer maar net...
'n "Nuwe Suid-Afrika?"
Joernaalaantekeninge
Maak Iets ...
Koeitjies en Kalfies
Spring Fever
Severe Winter
Aksies vir...
Jou Perspekteif
Louis Hosea de Wet
Uithouvermoë
Voorspoedige Lewe
1000 Albasters
Oktobermaand!
Kersfees Vieringe
Laat Alles Gaan...
Hou Op Omgee
Jou Idees...
Where's My Stuff?
Verandering
Opwindende lewe!
Wyshede
Perfeksie
Skuldgevoel
Jy Tart die Heelal
Andere se Keuses
Tyd van Ontwaking
Rebellie Gebeur
Begeerte
Altyd op Pad
Ander Goed
Klassieke Motors
Verklarings
Daaglikse Inspirasies
Lag in Afrikaans!
INSPIRASIE

 

HIERDIE INHOUD SAL MAANDELIKS VERANDER

 

01 Augustus 2010

 

 As die mensdom kon verstaan dat "wat ek skep het niks te doen met wat enige iemand anders besig is om te skep nie" dan sou ons nie so bang wees vir wat ander mense doen nie.

 

 

 

SINDIKAAT

 

 
Image

 

AFFIRMASIE VIR DIE WEEK 

 

"Ek is SO dankbaar vir my inkomste. Ek het 'n werk wat ek geniet, 'n uitstekende loopbaan en ek kan alles bekostig vir my familie."

 

                             Kliek hier om Affirmasie-kaartjies te koop.

 

 

We have 17 guests online
Welkom by OORVLOED! - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - DINAMIES & OMSTREDE!

 

AFFIRMASIES vir Positiewe Verandering PDF Print E-mail
Tuesday, 17 March 2009

Wat Is Affirmasies?

Affirmasies is die daaglikse herhaling van positiewe verklarings om ou, ongesonde negatiewe oortuigings te vervang met gesonde, positiewe oortuigings en verandering in jou lewe te weeg te bring.

 

Elke gedagte wat jy dink en elke woord wat jy spreek is 'n affirmasie. Wanneer jy met jouself gesels is dit 'n stroom affirmasies. Ons is gedurig in ons onderbewussyn besig met affirmasies deur ons spraak en gedagtes en hierdie stroom affirmasies skep jou lewens ervaring vir elke oomblik van jou lewe. Ons oortuigings is tog net aangeleer en ontwikkel vanaf ons kinderdae; baie van dit werk vir ons, maar baie van dit werk teen ons.

 

Elke affirmasie wat ons dink of sê is 'n weerspieëling van ons innerlike waarheid en oortuigings. Dit is belangrik om te onthou dat hierdie "innerlike waarhede" nie noodwendig waar is nie of is dalk gebaseer op verkeerdelike persepsies wat ons as kinders gevorm het en wat, as jy dit nou as 'n grootmens analiseer, heeltemal onvanpas is.

 

Ons onderbewussyn gebruik die gedragspatrone wat ons aangeleer het outomaties om te reageer op vele gebeurtenisse in ons daaglikse lewe. Dit is noodsaaklik vir ons oorlewing; ons moet vinnig kan reageer op gebeurtenisse om ons, wat onmoontlik sal wees as ons eers elke oortuiging moet oorweeg of ondersoek voor ons reageer. Die oortuigings en gewoontes wat ons aangeleer het laat ons toe om vinnig te reageer op situasies. Die probleem ontstaan egter wanneer daardie oortuigings gevorm was onder negatiewe toestande en jou dus nou gladnie meer van hulp kan wees nie.

 

Jy kan 'Positiewe Affirmasies', wat gewoonlik kort, positiewe verklarings is, gebruik om ou, negatiewe oortuigings te verander in positiewe oortuigings. Dis 'n tipe van "breinspoeling" en jy kies watter oortuigings om uit te spoel.

 

Werk Affirmasies?

JA! Affirmasies werk regtig. Alle self-sorg programme sluit affirmasies in en ek het onlangs uitgevind dat selfs die medici met die behandeling van kanker hul pasiënte aanraai om daaglikse affirmasies en visualisasies te gebruik om vinniger en heeltemal gesond te word. Hoe meer vasbeslote jy is om veranderings te weeg te bring, hoe meer bereid jy is om verandering te aanvaar en van die verlede te vergeet, hoe beter werk dit vir jou.

 

Hoekom Affirmasies Werk

Deur 'n keuse te maak om elke dag positiewe verklarings te maak en te glo, word die onderbewussyn geforseer om een van twee dinge te doen - dit te vermy of om dit te heroorweeg. 

 

Hoe groter die gaping tussen die verklaring en die bestaande oortuiging, hoe meer teenstand sal daar wees. Dit is wanneer die onderbewussyn dit makliker sal vind om aan die ou oortuiging te klou en die nuwe waarheid sal probeer vermy. Jy sal dit ondervind as 'n sterk negatiewe gevoel binne jou wanneer jy die nuwe verklarings uiter. Maar wanneer jy 'n gevoel van verligting en vreugde ervaar, bedoel dit jou onderbewussyn reageer op iets wat dit weet die waarheid is. Dan weet jy jou affirmasies is besig om te werk!

 

Deur gedurig jou affirmasies of verklarings te herhaal met geloof, sal dit stadigaan alle teenstand afbreek. As die weerstand eers verbreek is, sal jou onderbewussyn in staat wees om die kern oortuigings waaraan jy gewerk het te ondersoek en re-evalueer. Die effek kan oorweldigend wees en dinge kan vinnig verander wanneer ou, disfunksionele oortuigings herken word en verplaas word deur die nuwe oortuigings.

 

Afhangende van hoe diep jou oortuiging gesetel was, sal elke ander oortuiging wat daarop staat gemaak het, ongegrond wees. Dan sal jou onderbewussyn elkeen ondersoek en dit kan lei tot diep self-ondersoek.

 

Omdat affirmasies eintlik al jou gedagte-patrone her-programeer, verander dit hoe jy dink en voel omtrent alles, en omdat jy disfunksionele oortuigings vervang het met jou eie, nuwe positiewe oortuigings, gebeur positiewe verander maklik en natuurlik. Dit sal deurskemer in jou alledaagse lewe en jy sal begin om geweldige veranderings, positiewe veranderings, in baie aspekte van jou lewe te ondervind.

 

Hoe Vinnig Werk Affirmasies?   

Vanaf die eerste dag sal daar affirmasies wees wat jy geniet om te sê en hierdie affirmasies sal baie effektief vir jou wees en jy sal omtrent onmiddellik verandering sien. Ander affirmasies sal vir jou moeilik wees, of soos 'n leuen voel, en dit dui op weerstand en daardie areas sal langer vat om in werking te tree. Hoe lank dit dan sal neem hang af van hoe diep dit geloof lê en hoe belangrik dit vir jou is om verandering in daardie area van jou lewe te weeg te bring.

 

As jy waarlik gereed is om die veranderings te aanvaar wat jy glo vir jou reg is en dit kom van diep in jou hart, dan SAL verandering plaasvind.

 

So, dis nie eintlik 'n kwessie van tyd nie, maar meer 'n vraag van hoe aanvaarbaar jy vir verandering is.

 

HOE OM AFFIRMASIES TE DOEN

 

Affirmasies in die Spieël                 

 Een van die kragtigste maniere om affirmasies te doen is om dit vir jouself te sê terwyl jy na jouself in die spieël kyk. Van die belangrikste boodskappe wat jy ooit ontvang het was terwyl iemand jou direk in die oog gekyk het. Deur jouself in die oë te kyk vergroot jy die belangrikheid van die boodskap aan jouself. (Jy sal dalk aan die begin simpel voel, en as dit jou ongemaklik maak, doen dit vroeg in die oggend in die privaatheid van die badkamer.)

 

Geskrewe Affirmasies          

'n Goeie manier om jou affirmasies krag te gee, is om dit neer te skryf - skryf dit in jou joernaal en los oral notas of kaartjies of plak dit op jou spieël waar jy gedurig herhinner word daaraan.

 

Sê Jou Affirmasies Met Passie              

en hoe meer emosioneel daaromtrent jy voel, hoe meer effektief is dit.

 

Hier onder is voorbeelde van Affirmasies of Dankverklarings vir verskeie areas in jou lewe en om jou te inspireer om jou eie positiewe affirmasies te vorm en te gebruik.

 

DANKVERKLARINGS

''Dankie Heer, ek is dankbaar vir wie ek is.

Dankie Heer, ek is dankbaar vir al my vermoëns.

Dankie Heer, ek is dankbaar vir alles wat ek

ontvang.''

 

"Ek is so dankbaar vir my liggaam.

Dit het my goed behandel oor die jare en verouder grasieus.

Ek voel gelukkig met my voorkoms."

 

"Ek is dankbaar vir my wonderlike familie; vir 'n wederhelf wat my lief het en vir wonderlike kinders."

 

"Ek is dankbaar dat ek EK gebore is - vir my huis, my motor, my familie, my gesondheid en die gevoel van genot wat ek elke dag beleef."

 

"Ek is SO dankbaar vir my inkomste.

Ek het 'n werk wat ek geniet, 'n uitstekende loopbaan en ek kan alles bekostig vir my familie."

 

Verklaring vir vergifnis

Ek vergewe almal wie my al ooit seer gemaak het, bewustelik of onbewustelik, in hierdie leeftyd of enige ander, in hierdie Heelal, dimensie, vlak van bestaan, of enige ander.

Ek aanvaar genade.

 

Ek vra om vergifnis vir alles wat ek ooit gedoen het om iemand anders seer te maak of  skade aan te doen, bewustelik of onbewustelik, in hierdie leeftyd of enige ander, in hierdie Heelal, dimensie, vlak van bestaan of enige ander.

Ek aanvaar genade.

 

Ek is verlos.  Ek is vry van alle kettings en beperkings. Ek staan in volmag voor my Meester.

 

Verklarings vir Oorvloed

Ek is suksesvol in alles wat ek doen.

Ek is altyd produktief.

My werk word positieflik herken .

Ek vermeerder alewig my inkomste.

Ek is wys in hoe ek my geld spandeer.

Ek het altyd meer as genoeg geld vir dit wat ek benodig

 

Ek floreer in alles wat ek doen en ek weet ek verdien alle voorspoed.

Hoe meer dankbaar ek is, hoe meer redes vind ek om dankbaar te wees.

Ek betaal my rekeninge met liefde aangesien ek weet oorvloed vloei deur my.

 

Verklarings vir Liefde

Ek weet ek verdien liefde en aanvaar dit NOU.

Ek GEE liefde en dit kom vermenigvuldig terug na my.

Ek verheug my in die liefde wat ek elke dag teëkom.

 

Verklarings vir Romanse

Ek het 'n wonderlike deelgenoot en ons is albei gelukkig en rustig.

Ek verlos enige desperasie en laat liefde toe om my te vind.

Ek trek slegs gesonde verwantskappe aan.

 

Verklarings vir Gewigsbeheer

Ek is die perfekte gewig vir myself.

Ek kies om positiewe, gesonde keuses te maak vir myself.

Ek kies om aktief te wees.

 

Verklarings vir Selfbeeld

Ek glo in myself, en sodoende glo ander ook in my.

Ek uiter my behoeftes en gevoelens.

Ek is my eie, unieke self - spesiaal, kreatief en wonderlik!

 

Verklarings vir Vrede en Harmonie

Al my verwantskappe is liefdevol en harmonieus.

Ek is vreedsaam.

Ek glo in die proses van die Lewe.

 

Verklarings vir Vreugde en Geluk

Die lewe is vreugdevol en vol verrassings.

My lewe is 'n vreugde vol van liefde, pret maak en vriendskap.

Ek kies liefde, vreugde en vryheid en my hart is oop vir alles wat wonderlik is.

 

Verklarings vir Gesondheid

''Ek is gesond en ongedeerd.

''Ek luister met liefde na my liggaam se boodskappe.''

 

Ek het die mag om my gesondheid te beheer.

Ek is in beheer van my gesondheid en welwillendheid.

 

Ek het oorvloedige energie en vitaliteit.

Ek is gesond in alle aspekte van my wese.

 

Ek vrees nie siekte nie want ek weet ek het beheer oor my liggaam.

Ek is vol energie vir al die aktiwiteite in my lewe.

 

My bewussyn is vreedsaam.

Ek is lief voor en versorg my liggaam en my liggaam versorg my.

 

Verklarings vir Voorspoed

''Ek is eerlik en oop met myself en andere.''

''Ek is lief vir die lewe en aanvaar my oorvloed onvoorwaardelik.''

 

Verklarings vir Alledaagse Lewe

Ek leef in Vrede met die Heelal.

Ek aanvaar en is lief vir myself.

Ek is uniek en liefdevol, ek is vry.

Ek is veilig en voel altyd beskermd.

Ek is in verbinding met my gevoelens en aanvaar dus al my gevoelens.

Ek is omring deur liefde en mense wie vir my omgee.

Ek is innemend en aanvaar ander mense soos hulle is.

Ek vertrou my innerlike om my op die regte paadjie te lei.

Ek skep elke dag 'n liefdevolle omgewing vir myself en ander.

Ek is altyd gekonnekteer met die Goddelike Liefde in die Heelal.

My innerlike visie is altyd helder en gefokus.

 

Verklarings vir Vrede en Harmonie in Jou Lewe

Ek is vol vrede.

Ek is altyd in harmonie met die Heelal.

Ek is gevul met die liefde van die Universiële Goddelike waarheid van die Heelal.

Ek lewe in vrede met almal om my.

Ek is een met my innerlike kind.

 

Verklarings vir My Spirualiteit

Ek is vry om myself te wees.

Ek is vol vergifnis en liefde.

Ek is verantwoordelik vir my eie spirituele groei.

Ek gee myself permissie om een te wees met die Heelal.

My krag kom deur vergifnis aan dié wie my seer gemaak het.

Hoe meer ek liefde gee, hoe meer kry ek terug.

Liefde is ewigdurend.

Ek vertroetel my innerlike kind en laat haar toe om te genees.

Ek is verantwoordelik vir my lewe en het die mag om positief te bly.

 

"Ek waardeer alles in my Heelal."

 

 

Last Updated ( Thursday, 23 April 2009 )
 
< Prev   Next >

 
 
Tell a Friend
Image
 
NUWE ARTIKELS !
FRIDAY STORIES
.
02/01/09 Being Rich
09/01/09 It's Relative
16/01/09 Do-It-Yourself
23/01/09 Attitude In...
30/01/09 Daffodil Prin...
02/02/09 BEING RICH
06/02/09 Being Down
Mid-week Filler
13/02/09 Valentine
Mid-week filler
20/02/09 Best Time
27/02/09 Flowers on...
06/03/09 Changing...
13/03/09 Save them!
20/03/09 Can You Sleep?
27/03/09 See The Trees
03/04/09 Chocolate!
10/04/09 Alone at Easter
17/04/09 Grandma Who..
24/04/09 Growth ...
01/05/09 The Gift
08/05/09 Scars of Love
15/05/09 The Pickle Jar
22/05/09 Who, What...
29/05/09 About Smiling
05/06/09 Alice in...
12/06/09 Goals
19/06/09 Way to Go!
26/06/09 Goals
03/07/09 Goals
10/07/09 Spanish
17/07/09 What Do You...
24/07/09 Take Breaks
31/07/09 A Magic Way
07/08/09 Mama's Hands
14/08/09 Being Wealthy
21/08/09 A Mother
27/08/09 Circumstances
20/08/2010 Live this Day
FRIDAY ARCHIVE
Iets Spesiaals

Art & Creativity - My Sketsboek

Art & Creativity Sales Blog


Hedgie's Nature Journal 

THE BUSINESS OF BLISS

 

Wat op Aarde...?

 

KLASSIEKE MOTORS

 

Artists' Circle op Facebook

Vroue-Dagboeke op Facebook 

 

 

 
Klassieke Motors - Jaguar, Aston Martin, Austin Healey, AC Cobra Ace, MGB, ens
Image
Clarkson's Classic Cars - 

There are few, if any, pieces of hardware as emotive as the car. The story of classic and dream cars charts the progress of our own history and experience.

Adverteer jou besigheid hier vir NET R35.00 pm! KONTAK ONS vir verdere besonderhede

 

LEEF JOU VERBEELDING, NIE JOU GESKIEDENIS NIE! -- GENIET JOU DAG!
 

ImageActionOnline - Trotse Gasheer vir OORVLOED - "Die Bewuste Webwerf" © 2005