|
 Het jy drome wat jy wil navolg maar nooit die tyd blyk te hê oorrede die eise van werk en familie? Onlangs het 'n leser my gevra: "Hoe kan ek my drome bewaarheid met al die druk van my persoonlike lewe, my familie, en my werk, druk van my baas en die lewe in die algemeen?" 'n Uitstekende vraag, en een waarmee baie van ons sukkel. Ek self het 'n familie en 3 besighede wat tyd van my verg. Dit was nie so lank terug dat ek probeer het om my droom om te skryf te verwesenlik nie, en tussen die druk van familie- en besigheidslewe het ek baie dinge probeer om hierdie struikelblok te oorkom. So wat's die vinnige antwoord? Daar is nie een nie. Dit neem harde werk. Maar die twee maklikste faktore is: 1. Dit moet iets wees waaroor jy werklik passievol is 2. Jy moet dit 'n top prioriteit maak en jou dag só reel dat dit waarlik 'n prioriteit is. Kom ons bekyk die twee faktor van naderby : Doen Iets Wat Opwindend Is en Waaroor Jy Passievol Is. Hierdie stap mag dalk afgesaag of voor die hand liggend klink, maar is uiters kritiek en ek dink meeste mense gee nie genoeg aandag daaraan nie. Baie maal sal iemand dink hul wil iets doen sommer maar net omdat dit dalk lekker sal wees, maar dis nie iets waaroor hulle werklik passievol is nie. Wanneer jy passievol omtrent iets is, kan jy nie wag om dit te doen nie en jy sal alles in jou mag doen om dit by jou skedule in te pas. En wanneer jy daarmee besig is, vlieg die tyd en voel jy opgewonde en gelukkig (miskien ook 'n bietjie obsessief!). Dink daaraan of jy regtig baie opgewonde is omtrent jou doel of drome... indien nie, moet jy dalk 'n nuwe droom navolg. As jy opgewonde is, en jy probeer werklik hard om jou drome na te volg, gaan na die volgende stap! Maak Jou Drome 'n Prioriteit So hoe beweeg jy van opgewondenheid omtrent jou droom na om eintlik iets daarom te doen? Deur jou droom 'n prioriteit te maak. Dit bedoel dat, elke oggend wanneer jy wakker word, besluit wat jy gaan doen om jou droom 'n realiteit te maak. Maak dit die eerste ding wat jy dan elke dag doen, voor jy jou e-Pos nagaan of die baba voer, al bedoel dit jy moet 'n uur voor die tyd opstaan om dit na te kom. As jy dit nie eerste kan inpas nie, skeduleer tyd daarvoor, nes enige ander belangrike afspraak. Of jy kan dit dalk in die aand doen, wanneer almal rustig is of slaap. Dis 'n prioriteit, jy sal tyd maak daarvoor. Maar wat nou van werk en familie? Dis voor die hand liggend dat dit ook prioriteite is, so jy sal tyd vir al drie moet skeduleer. Dit sal dalk behels dat jy minder TV kyk, minder tyd op die internet deurbring, minder lees of minder tyd spandeer aan iets anders waarmee jy besig is. Stel 'n limiet vir sekere aktiwiteite sodat jy tyd aan jou droom kan spandeer. Jy sal die tyd vind as jy dit 'n prioriteit maak. Neem Aksie Dis natuurlik ook belangrik om aksie te neem—jy kannie net tyd maak daarvoor nie. Jy sal moet wakker word van droom daaromtrent en eintlik iets doen daaromtrent! Moenie toelaat dat jou drome na agter geskuiwe word nie! Weereens, neem die besluit om elke dag aksie toe te pas, dan sal dit nie uitgestel word vir môre of oormôre nie. Moenie toelaat dat jou drome na agter geskuiwe word nie! Probeer om elke dag jou droom te beoefen. Die langste reis begin met die eerste treë. Geniet Die Reis! Die belangrikste van alles is dat jy jouself moet geniet! As jy haat wat jy doen, sal jy dit nie vir lank volhou nie. Maar as jy dit waarlik geniet, sal jy nie kan wag nie—sal jy dit onmiddelik wil doen. Wat ookal jou droom is, of dit nou is om 'n boek te skryf of 'n besigheid te begin of 'n professionele fotograaf te word of om 'n graad te behaal, moenie op die eindpunt fokus nie. Geniet jou ondervinding nou, huidiglik, en wees dankbaar vir watse voorreg en geskenk dit is om jou drome te kan navolg.
|