|
Het Plante 'n Bewussyn? Nou die dag, terwyl ek deur my tuin gestap het, het ek my verwonder aan hoe welig my varings vertoon en, op die ingewing van die oomblik, het ek 'n stokkie opgetel en een van die blare liggies gekielie. Tot my verbasing het al die blaartjies onmiddellik opgekrul in 'n kompakte bolvorm. Die plant het duidelik 'n sisteem van selfverdediging ontwikkel teen insekte en diere, wat dit meer moeilik maak om aan die blare te kou. Dit het my herhinner aan 'n paar jaar terug, toe ek op 'n safari was, en die wildwagter vir ons 'n boom uitgewys het wat nie alleenlik gereageer het wanneer diere die blare gevreet het nie, maar ook seine na ander bome van dieselfde spesie uitgestuur het. Die spesifieke blare was baie delikaat en blykbaar 'n smaaklike gunsteling van kameelperde. So, binne 15 minute van wanneer die kameelperde begin vreet het, het die blare suur geword. Wat so interessant was, was dat dit nie net dié boom se blare was wat suur geword het nie, maar ook al die identiese bome binne 'n half-myl radius! Die boom wie se blare besig was om geëet te word, kon op een of ander manier kommunikeer met al die ander bome en hulle waarsku van die komende gevaar. (Dit is ook die natuur se manier om te sorg dat een boom nie heeltemal uitgewei word nie en, soos die kameelperde na die volgende boom beweeg, gee dit die boom tyd om weer te herstel.) Stel dit voor dat plante 'n bewussyn het? Dit blyk so te wees en hierdie slotsom is nie so uit plek uit nie as mens oorweeg dat baie kulture absoluut glo in die mag van kommunikasie met plante. Selfs in ons eie kultuur is dit wél bekend dat diegene met "groen vingers" gereeld met hulle plante praat. Vele studies het al absoluut bewys dat 'n empatieke verstandhouding en 'n psigiese konneksie met plante deur tuiniers lei tot groter en gesonder plante. Die "Findhorn"-eksperiment is een so 'n voorbeeld waar groente gekweek is, groter en gesonder as enige ander groente, in baie slegte grond, deur die gebruik van liefde en aanmoediging. Praat met enigeen wat van tuinwerk hou, wat daagliks tyd saam met hul plante spandeer, en jy sal dalk verbaas wees wat intelligente en wel-opgevoede mense te sê het oor die bewussyn van plante! Peter Tompkins het 'n fassinerende boek geskryf, "The Secret Life of Plants", wat oor 1 miljoen kopieë verkoop het. In die boek verduidelik hy hoe plante met mekaar sowel as mense kommunikeer. Dit is glad nie so ongelooflik as wat dit klink nie. Die inheemse mense vanoor die wêreld, diegene wat ná aan die aarde lewe, het nog altyd 'n spesiale verhouding met die natuur gehad. Of dit nou die Noord-Amerikaanse Indiane of die Boesmans van die Kalahari is, al hul tradisionele onderwys moedig respek en kommunikasie met die natuur aan. Laat ons ook nie vergeet dat, volgens die Bybel, alle menslike ongesteldheid gekuur kan word deur die plante wat op hierdie wonderlike aarde van ons groei. So, hoe weet die Sangoma of die Homeopaat watter kruid of kombinasie van kruide om te gebruik? Daar is 'n studie gemaak op plante, party van dit is nagelaat van generasie na generasie, maar daarbenewens sal die plante self jou vertel, as jy ingestel is daarvoor. Dit is wat die Sangomas my vertel, en ek het geen rede om hulle nie te glo nie. 'n vriend van my vertel hierdie storie : "About five years ago, during one of my Awakening courses, a participant of the course had a most remarkable experience. We were exploring the hidden rhythms that exist in all of nature, learning to feel and sense the consciousness of trees and plants. (Unfortunately, with the urbanization of our society, we have lost the ability to feel and sense the pulsating life of living organisms. With practice, however, it can be reawakened.) What happened is that one of the participants (a woman in her thirties) had an inner communication with a tree, and it told her to chew its leaves and rub the saliva in her eyes, which she did. (She was having problems with her eyes.) I asked her if she knew what the tree was and she answered no, she had never seen that type of tree before. My initial reaction was horror. In Africa there are many poisonous plants, and you can cause immense harm to yourself if you don’t know what you’re doing. "I have complete faith," the woman answered. "It spoke to me so clearly." While not wanting to doubt her, I needed to verify that what she’d done was okay. We called the local ranger, and the ranger, the woman and I walked into the bush to identify the tree. Once she identified it, we went back to the camp and looked it up in the camp library. The tree was the Silver Terminalia. We read the description of the tree for several paragraphs and then we read, "Among African peoples this tree has a wide variety of uses… The leaves have a very bitter taste and can be taken to cure diarrhoea and may also be applied as an eyewash." You can imagine our surprise and amazement. By the next day her eyes were completely cured. Coincidence? Miracle? Communication with a plant? I’ll let you decide for yourself, but having personally been there to witness the event, I have no doubt in my mind that the plant spoke to her." Daar is bewussyn in elke lewende ding. Plante, diere en die mensdom. Elke bewussyn mag dalk verskil van die ander, maar ons is almal gekonnekteer met dieselfde misterie van die lewe. Plante is inderdaad ons broers en susters en ons het veel om te leer van mekaar.
|