|
Koeie word beskuldig van bydrae tot aardverwarming! |
|
|
|
|
Thursday, 06 November 2008 |
In ons soektog na redes vir die sogenaamde "aardverwarming", word koeie ook nou daarvan beskuldig dat hulle bydra tot aardverwarming deur die metaangasse wat hulle afskei as gevolg van hulle dieet. Ek wonder nou net wie die volgende boosdoener gaan wees om beskuldig te word as die oorsaak van aardverwarming ...  Koeie wat winde opbreek dra glo by tot aardverwarming! | 28/01/2008 - Jan-Tinus Smuts | ‘n Sweedse universiteit het VS $590,000 ontvang om navorsing te doen oor die hoeveelheid groenhuisgasse wat koeie vrywaar wanneer hulle winde opbreek. Beeste laat metaangasse vry wanneer hulle hul kos verteer. Metaan is ‘n tipe groenhuisgas wat glo ‘n bydrae lewer tot aardverwarming. Navorsers beweer dat die hoeveelheid metaangas wat koeie vrylaat, afhang van wat hulle eet. Ongeveer 20 koeie gaan deel wees van die projek. Die Sweedse Universiteit vir Landboukunde in Uppsala gaan die studie doen. Volgens die projekleier, Jan Bertilsson, gaan elke koei ‘n ander dieet volg. Verder gaan hulle elkeen ‘n halsband dra wat die hoeveelheid metaan wat hulle vrylaat gaan meet. “Hierdie tipe navorsing word alreeds in Kanada gedoen. Dus gaan ons in die nabygeleë toekoms in verbinding wees met die Kanadese landbou navorsers,” het hy gesê. In die VSA, neem die Inligtingseenheid oor Klimaatsverandering metaangas besoedeling wat deur beeste veroorsaak word, baie ernstig op. Volgens hulle is metaangas die tweede gevaarlikste gas wat bydrae tot die groenhuiskrisis. Wetenskaplikes beweer dat lewendehawe tot 15-20% bydrae tot metaangasbesoedeling. Die Inligtingseenheid beweer verder dat, onder andere, koeie meer metaangasbesoedeling veroorsaak as fossielbrandstof produksie. |
Vanaf http://www.proagri.co.za/pebble.asp?relid=859>
|
|
Last Updated ( Thursday, 23 April 2009 )
|