ADEMIE - INSPIRASIE en ASEM
KLIEK HIER OM MEER TE LEES
Inspirasie vind plaas deur normaal asem te haal. Ons dink aan asemhaling as iets wat ons doen sonder om daaraan te dink, verwyderd van onsself - en ons dink aan asem as lug. Die van ons wat meer weet besef dat asem lug is wat uit suurstof, stikstof, koolstofdioksied en ander gasse bestaan en dat dit deel van die aarde se atmosfeer is en dit is meestal sover as wat ons dink.
Die waarheid is dat dit alles waar is en meer as dit. Asem is soveel meer as net lug.
Wanneer ons lug neem en al die elemente wat daarin sweef verwyder bly net ‘n vakuum oor. In ‘n vakuum bestaan daar absoluut niks, of so het ons gedink. Moderne fisika bewys dat dit nie so is nie. Daardie vakuum, ook die vakuum van die buitenste ruimte waarin die aarde sweef is alles behalwe leeg.
WAT IS ADEMIE
Ademie is ‘n holistiese proses, ons gebruik dit om op ‘n holistiese manier, met behulp van inspirasie, transformasie en integrasie - sinergie te bewerkstellig. Dit maak gebruik van ‘n presies gedefinieerde asemhalingsproses om jou op ‘n uiters positiewe en plesiervolle manier bewus te maak. Dis ‘n proses wat baie sagkuns die rekonstruksie van jou verstand en jou liggaam teweeg bring, op ‘n manier wat jou vlakke van geluk, sukses, effektiwiteit en gesondheid grensloos verbeter. Ademie is dus fundamenteel die aanvaarding van dinge wat is, in jou ondervinding en meer as dit – geluk in die wonderwerk van bestaan! Wanneer jy Ademie doen, doen jy dit ten goede van alles – dit is Sinergie volbring. Ons gebruik Ademie dus as ‘n roete na en ook as deel van Sinergie.
ADEMIE IS NIE…
Ademie is nie sielkunde, terapie, ‘n geloof, medisyne van enige aard, hipnose of iets om aan te behoort nie en dit is nie ‘n plaasvervanger vir enige van die bogenoemde nie...