|
Saturday, 28 June 2008 |

DIE NUT VAN INSEKTE IN ONS OMGEWING - deur Maree de Wet Naslaanwerk gedoen deur ARC-PPRI het bewys that verskeie spinnekoppe jag maak op die oestermiet Hodotermes mossambicus (Hagen 1858) in Suid Afrika. Oestermiete vreet sporadies bo-gronds vanuit hulle onder-grondse nesse. Wanneer hulle in groot getalle voorkom kan hulle groot skade veroorsaak aan grasvelde, veral gedurende lang tye van droogte. Een van die mees belangrike jagters van dié termiete is spinnekoppe van die familie Ammoxenidae of die genus Ammoxenus. Die ammoxenid spinnekoppe is grond-bewoners, ook bekend as 'sandduikers' (sand divers) omdat hulle kop eerste in die san in duik sodra hulle gesteur word. Daar is ses spesies wat alleenlik in Suider Afrika voorkom veral in gebiede met hoë getalle oestermiete. Hulle kom gereeld voor in die sagte grond by die ingang van die termiethoop nagelaat deur die termiete gedurende die uitgrawing van hulle nes. Hulle bespeur die termiete óf deur grond-vibrasie óf chemiese leidrade deur die termiet nagelaat. Gedurende die vangproses, word die termiet gegryp en gebyt tussen die kopkapsule en die cephalothorax. Die dooie termiet word dan ondergrond gesleep voordat hy begin vreet. Die prooi word uitgesuig en nie gekou nie. Die spinnekop spandeer onaktiewe periodes in 'n sak-agtige webtuiste in die sagte grond voor die termiethoop. Langs hierdie webtuiste is daar ook ander sagte sy-sakkies bevattende dooie termiete (4-8 termiete) wat die spinnekop bymekaar gemaak het. Dit blyk dat hierdie termiete dalk dien as kos-reserwes gedurende die lang periodes wanneer die termiet onaktief is.
|
|
Last Updated ( Thursday, 23 April 2009 )
|