|
Die maand van Oktober bring altyd vir my tot gedagte die gedig van C. Louis Leipoldt 'OKTOBERMAAND'- elke woord van "die akkerboom is groen" tot met "elke dag so helder, so pragtig elke aand!" is uiters waar en so toepaslik - ek plaas die gedig verder ondertoe vir ons almal om te waardeer! Oktober is ook dus die maand vir 'spring cleaning' (alhoewel baie van ons het dit al in September gedoen!) - nie net die motorhuis of stoorkamer nie, maar ook ons innerlike stoorkamer waar ons alles opstoor van onvergifnis, haat en woede tot leed en negatiewe oortuigings. Ons moet leer om te laat gaan en ontslae te raak van al die dinge wat ons terughou van die mildelike OORVLOED in die Heelal. (Sien die artikel "Die Vier Riglyne vir Oorvloed" Laat Gaan Laat gaan is nie om op te hou omgee nie—dit bedoel net ek kan dit nie doen vir iemand anders nie Laat gaan is nie om jouself af te sny nie—dit is die realisasie dat ek nie andere kan beheer nie Laat gaan is nie om nie te doen nie—maar om te leer van natuurlike gevolge Laat gaan is nie om op te gee nie—dit bedoel die uitkoms is in my hande Laat gaan is nie om 'n ander te blameer nie—dit is om die meeste van myself te maak Laat gaan is nie om reg te maak nie—dit is om te ondersteun Laat gaan is nie om te veroordeel nie—maar om mense toe te laat om te wees wie hulle wil Laat gaan is nie om in die middel te wees en die uitkoms te beheer nie— maar om andere toe te laat om in beheer te wees van hulle eie noodlot Laat gaan is nie om te beskerm nie—dit is om iemand anders toe te laat om realiteit te aanvaar Laat gaan is nie om te ontken nie—maar om te aanvaar Laat gaan is nie om te 'nag' en te argumenteer nie—dit is om my eie tekortkominge te ondersoek en reg te maak Laat gaan is nie om te kritiseer en almal te beheer nie—maar om te word waaroor ek droom Laat gaan is nie om berouvol oor die verlede te wees nie—maar om te groei en te lewe vir die toekoms Laat gaan is om minder te vrees en meer te lewe! Jy is waar jy is vandag oor wat jy aanhoudend doen. Meeste mense klassifiseer nie die "klein dingetjies" as slegte gewoontes nie - soos om elke oggend 'n bietjie laat by die werk op te daag, of om al jou klere te laat rondlê vir iemand anders om te tel, of om altyd to kla en argumenteer oor alles - maar dit sê beslis iets omtrent jouself. Werk daaraan om hierdie klein 'gewoontes' te verander wat jou terughou - maak alles waarmee jy besig is vandag klaar, moenie dit los vir iemand anders om te doen nie. Maak 'n lys van dit wat jy weet jy gereeld doen wat jy nie moet nie - en begin hierdie gewoontes te verander in goeie gewoontes. Niemand kan keer waarheen jy jou gedagtes lei nie. Daar is geen einde aan die vreugdevolle reise wat jy kan ondervind nie. Op die paadjie na jou geluk sal jy alles wat jy wil doen, wees of verlang, ontvang. (Deur ander hul eie reistog toe te laat, laat jy joune toe!) - Maree de Wet C. LOUIS LEIPOLDT - 1880-1947 OKTOBER  Dit is die maand Oktober! Die mooiste, mooiste maand! Dan is die dag so helder, so groen is elke aand, so blou en sonder wolke die hemel heerlik bo, so blomtuin vol van kleure die asvaal ou Karoo, so blomtuin vol van kleure die asvaal ou Karoo. Dit is die maand Oktober! Die varkblom is in bloei; oor al die seekoeigate is kafferskuil gegroei; die koppies, kort gelede nog as ‘n klip so kaal, het nou vir welkomsgroetnis hul mooiste voor gehaal; het nou vir welkomsgroetnis hul mooiste voor gehaal. Dit is die maand Oktober! Die akkerboom is groen; die bloekoms langs die paaie is almal nuut geboen; en orals in die tuin rond ruik jy sering en roos, jasmyn en katjiepiering, lemoen en appelkoos, jasmyn en katjiepiering, lemoen en appelkoos. Dit is die maand Oktober! Ek dink die mense vier vir ewig in die hemel Oktobermaand soos hier! Wat wens jy meer as blomme, as helder dag en nag? Wat kan jy beter, mooier of heerliker verwag? Wat kan jy beter, mooier of heerliker verwag? Wat gee ek om die winter? Wat praat jy nou van Mei? Wat skeel dit as ons later weer donker dae kry? Ek is nou in Oktober, die mooiste, mooiste maand, met elke dag so helder, so pragtig elke aand! Met elke dag so helder, so pragtig elke aand!
|