Hallo daar!
HOOF ITEMS
ONS HOOFBLADSY ONS HOOFBLADSY
GELOOFSBELYDENIS
WAT & WIE?
KONTAK ONS
GASTE BOEK
- SKAKELS Web
- SKAKELS Mense
LAASTE WOORD ...
GRATIS GOED
ONS DOEL...
1 Vreugde is die Doel!
2 Net een waarheid?
3 Net deur liefde...
4 'n Dringende God ...
5 'n Verslaafde Geliefde
6 Slegte Dinge?
7 Waar Is Jy?
8 Kinderdae...
9 Kuns van Toelating
10 "JOU" Ekonomie
ONS HULPMIDDELS
INLEIDING
- Wet van Die Heelal
- Aantrekkingskrag
- Aksiegids
- Kies Jou Rigting
- Mag van Oortuiging
- Stop Self-Sabotasie
- Mag van Dankbaarheid
- 9 Prinsipes vir...
- Verwesenlik Jou Drome
- AFFIRMASIES
- AANLYN HULP
ONS TAAL!
Ons Pragtige Taal!
"Hip" Afrikaans!
Die Wêreld is Engels...!
Jou Eggenote
Die Tug van Ons Kroos
Vandag ...
Glo ...
Toegeeflikheid
Oktobermaand
Sleng-bekendstelling
Afrikaanse Gedigte
Gedigte 1
Gedigte 2
Kers Gedigte 1
Digtersprofiele
Woorde van Liedjies
SELF-SORG ITEMS
> Selfsorg & Vreugde
> Wees Lief vir Jouself!
> Jy & Jou Werk
> Wat Doen Jy?
> Jy en Oefening...
> Versorgingswenke
> Diep Asemhaling
> Selfsorg & Meditasie 1
> ADEMIE - Inspirasie
> Vakansietyd
> Selfsorg en Vrede
> Emosionele Hulp
> Jou Selfhelplysie!
SPRAAKSTUKKE
* Voorsiening
* Gaan alles oor GELD?
* Jy sal Alleenlik...
* Is Eerlikheid Nodig?
* Sukses en die Les
* Innerlike Gemoedsrus
* Om Ryk te Wees
* Die Vermiste Skakel
* Is Armoede Goed?
* 'n Passievolle Lewe
* Verandering ...
* Manifesteer Vreugde
* Gesag Oor Jou Kinders
* Praat Net Daaroor...
* Jou Vlak van Aanstoot
* Die Langste Reis...
* OORVLOED is Oral
WAT OP AARDE...?
Ons Moeder Aarde... Ons Moeder Aarde...
Aardverwarming...?
Feit of Fiksie?
Aardsgenesing
Die Nut van Insekte
Blaarsnyer-Miere
Woud Gebed
Aards-Gebed
Feite oor Moederaarde
Die Mier en die Sprinkaan
Sprinkane
Koeie Wat Winde Opbr...
Het Plante 'n Bewussyn?
Kenners Stry...
Daar Is Genoeg!
Onsinnigheid van Mors
Herfs en Mei-maand
Mierre Offer Hul Lewe Op
Ons S.A. Skrywers
Skrywers & Digters
Sleng of nie?
- Andre van Eyk 1
- Andre van Eyk 2
- Andre van Eyk 3
- H. Serfontein Smeiman
- DeWaal Venter
- Minette Brink
- Herman Rudolph
- Elizabeth Kendall
OORVLOED Praat Sommer maar net...
'n "Nuwe Suid-Afrika?"
Joernaalaantekeninge
Maak Iets ...
Koeitjies en Kalfies
Spring Fever
Severe Winter
Aksies vir...
Jou Perspekteif
Louis Hosea de Wet
Uithouvermoë
Voorspoedige Lewe
1000 Albasters
Oktobermaand!
Kersfees Vieringe
Laat Alles Gaan...
Hou Op Omgee
Jou Idees...
Where's My Stuff?
Verandering
Opwindende lewe!
Wyshede
Perfeksie
Skuldgevoel
Jy Tart die Heelal
Andere se Keuses
Tyd van Ontwaking
Rebellie Gebeur
Begeerte
Altyd op Pad
Ander Goed
Klassieke Motors
Verklarings
Daaglikse Inspirasies
Lag in Afrikaans!
INSPIRASIE

 

HIERDIE INHOUD SAL MAANDELIKS VERANDER

 

01 Augustus 2010

 

 As die mensdom kon verstaan dat "wat ek skep het niks te doen met wat enige iemand anders besig is om te skep nie" dan sou ons nie so bang wees vir wat ander mense doen nie.

 

 

 

SINDIKAAT

 

 
Image

 

AFFIRMASIE VIR DIE WEEK 

 

"Ek is SO dankbaar vir my inkomste. Ek het 'n werk wat ek geniet, 'n uitstekende loopbaan en ek kan alles bekostig vir my familie."

 

                             Kliek hier om Affirmasie-kaartjies te koop.

 

 

We have 11 guests online
Welkom by OORVLOED! - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - DINAMIES & OMSTREDE!

 

Feite Oor Ons Moederaarde PDF Print E-mail
Monday, 13 October 2008
 

Samestelling van die Aarde se atmosfeer

 

Stikstof

78,084%

Suurstof

20,946%

Argon

0,934%

Koolstofdioksied

0,038%

Waterdamp

>1%

Ander

0,002%

 

 

Active Image

'n Foto van die aarde vanaf die EUMETSAT.

 

Aarde

Die aarde is die derde planeet van die son en die enigste een in ons sonnestelsel wat oor 'n gunstige atmosfeer en lopende water beskik sodat lewe onderhou kan word. Dit wentel binne 'n jaar om die son en draai een keer per dag om sy eie as. Twee derdes van die oppervlak is met water bedek en die res met land. Die aarde se enigste natuurlike satelliet is die maan, wat elke 27,32 dae om die aarde wentel. Die meeste wetenskaplikes skat die aarde se ouderdom by die vier miljard jaar.

 

Die afstand vanaf die ewenaar tot by die pool is omtrent tienduisend kilometer. Die algemeenste element in die aarde se kors is silikon. Die kern van die aarde is waarskynlik van gesmelte yster. Die aarde het 'n magneetveld, wat die energieke deeltjies van die sonwind afweer.

 

Daar is 'n osoonlaag hoog bo die aarde wat skadelike sonstrale afskerm. Die osoonlaag bestaan uit gasse soos osoon,  suurstof, stikstof, koolstofdioksied en edelgasse.

 

  Active Image

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Mount Everest gesien vanaf Kala Patthar in Nepal.

 

Die oppervlakte van die aarde is verdeel in oseane, vastelande en eilande. Dit is ook verdeel in lande, waarvan Rusland, die grootste is. Die hoogste berg is die Berg Everest, die diepste deel is die Mariana-skeurvallei. Die droogste plek is die Atakamawoestyn in Suid-Amerika, en die natste is Cherrapoenji in Indie, die koudste is Antarktika.

 Active Image

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Keiserpikkewyne in die Ross See, Antarktika.

 

Dimensies, afstande, voorkoms en beweging

Die planeet Aarde (of, soos ons gewoonlik daarna verwys, die aarde) is die derde planeet van die son af en die vyfde grootste in ons sonnestelsel. Die aarde het 'n deursnee van 12 756,3 km en is die digste liggaam in die sonnestelsel. 'n Duitse wetenskaplike het dié voorstelling van die aarde se grootte gegee: Stel jou voor dat die aarde in stukke gebreek en op 'n goederetrein gelaai word. As een van die trein se spoorwaens elke sekonde by ons verbygaan, sal die hele trein eers ná tien miljoen jaar verby wees. Die trein sal so lank wees dat 'n radiosein 500 000 jaar sal neem om van voor na agter te trek. Ons planeet beweeg in 'n elliptiese wentelbaan waarin hy nooit nader as sowat 146 miljoen km aan die son, en nooit verder as sowat 152 miljoen km weg van die son af kom nie. Die aarde beweeg binne 365 dae en vyf uur teen teen 'n snelheid van 29 km/sek om die son.

 

Die beweging en baan hang af van swaartekrag(gravitasie) en middelpuntvliedende (sentrifugale) krag. Die aarde kan vergelyk word met 'n klip wat aan die punt van 'n tou in die rondte geswaai word. Soos die aarde draai, word die middelpuntvliedende krag gebalanseer deur die aantrekkingskrag tussen die aarde en die son. Sou die aarde ophou draai, sou dit in die son verdwyn, maar aangesien daar geen gas in die ruimte is om die aarde se se snelheid deur wrywing te verminder nie, krimp sy wentelbaan gelukkig slegs uiters stadig. Die beweging van die aarde deur die ruimte is eintlik ingewikkelder as dit, omdat die son self, saam met die hele sonnestelsel, teen 'n snelheid van sowat 21 km/sek deur die ruimte in die rigting van die ster Vega beweeg. Dit beteken dat die aarde se beweging deur die ruimte eintlik spiraalvormig is. Daarby draai dit natuurlik elke 24 uur een keer van wes na oos om sy eie as.

 

Wetenskaplikes het met behulp van uiters sensitiewe meetinstrumente, wat tot triljoenstes van sekondes kan meet, bewys dat die aarde besig is om al hoe stadiger om sy eie as te draai. Dus is opeenvolgende dae besig om baie, baie stadig langer te word. Hierdie verlangsaming word veroorsaak weens swaartekrag-interaksie tussen die maan en die aarde - met ander woorde, die kinetiese energie van die aarde se omwenteling word deur die getye opgebruik. Wetenskaplikes weet nou dat 'n jaar 300 miljoen jaar gelede 440 dae lank was.

 

Die aarde kantel altyd in dieselfde rigting op sy as soos hy op sy wentelbaan van 950 miljoen km om die son beweeg. Dus leun elke halfrond om die beurt ná en weg van die son om somer en winter te veroorsaak. Omdat die aarde dikker by die ewenaar is as by sy pole, sal 'n man wat op die ewenaar staan, vinniger draai as een wat op een van die pole staan. Onlangse metinge dui daarop dat die aarde nie net afgeplat is by sy pole nie, maar ook effens peervormig. Aarde ("Terra") is die enigste planeet in ons sonnestelsel wat nie na Griekse of Romeinse mitologiese figure vernoem is nie.

 

Ouderdom

Die planeet Aarde, die grootste en digste rotsplaneet in ons sonnestelsel, is na raming sowat 4,5-4,6 miljard jaar gelede gevorm, wat beteken dat dit in vergelyking met die ouderdom van die heelal nog betreklik jonk is.

 

Tektoniese prosesse en erosie op die aarde se oppervlak vernietig binne 'n relatief kort tydperk (volgens astronomiese standaarde) van ongeveer 500 miljoen jaar amper elke sweempie van die aarde se oergeskiedenis. Dus is die meeste van die aarde se oudste verskynsels reeds platgevee en het nuwe verskynsels dalk reeds hul plek ingeneem.

Die oudste gesteentes op die aarde is ongeveer vier miljard jaar oud en gesteentes ouer as drie miljard jaar is maar skaars. Die oudste fossiele van lewende organismes is minder as 3,9 miljard jaar oud en dus is daar geen rekord van daardie kritieke tydperk toe lewe net begin het nie.

 

Oppervlak en fisiese samestelling

Die grootste deel van die aarde se oppervlak (70 persent) is met water bedek, wat hoofsaaklik in die wêreld se oseane voorkom. Die oorblywende 30 persent word beslaan deur sewe kontinente. Berge, aardbewings, riviere, vulkane en woestyne is voorbeelde van verskynsels wat op die aarde se oppervlak verwag kan word.

 

Die aarde se buitenste laag het 'n harde kors gevorm toe sy oppervlak nagenoeg 4,5 miljard jaar gelede afgekoel het. Dié kors bestaan uit verskeie plate, wat stadig in verhouding tot mekaar beweeg. Die teorie wat hierdie bewegings beskryf, word die teorie van plaattektoniek genoem.

 

Plaattektoniek word deur twee hoofprosesse beheer, naamlik spreiding en subduksie.

 

Oppervlakverskynsels soos eilande, atolle, berge en verskuiwingsones is die gevolg van dié drywende plate. Omdat die plate gemiddeld nagenoeg 7,5 cm per jaar skuif, was die kontinente miljoene jare gelede op heel ander plekke. Sowat 250 miljoen jaar gelede was die meeste van die landdele aan mekaar vas. Die stukke het met tyd in sewe los kontinente versprei.

 

Die aarde bestaan hoofsaaklik uit yster en suurstof wat met ander elemente verbind het om minerale te vorm. Die aarde het 'n deursnee van 12 756,3 km en bestaan uit vier hooflae:

 

  • Die binneste kern, 'n soliede metaalkern wat bestaan uit nikkel en yster, met 'n deursnee van sowat 1 200 km.
  • Die buitenste kern, wat uit gesmelte nikkel en yster bestaan.
  • Die mantel : digte, meestal soliede silikaatgesteentes.
  • Die kors, wat uit dun silikaatgesteentes bestaan.

 

Die dikte van die kors wissel aansienlik. Dit is dunner onder die oseane en dikker onder die kontinente. Die binnekern en kors is solied, terwyl die buitekern en mantel vloeibaar is. Die verskeie lae word deur diskontinuïteite geskei, waarvan die Mohorovicic-diskontinuïteit, tussen die kors en die mantel, die bekendste is.

 

Die temperatuur styg vinnig namate daar nader aan die kern beweeg word. Die kern is warmer as die son se oppervlak - ongeveer 5 000ºC. Die intense hitte wat deur die binnekern gegenereer word, veroorsaak dat materiaal in die buitenste kern en mantel rondbeweeg. Die gevolg is dat die groot plate op die aarde se oppervlak stadig ronddryf. Dié strominge binne die aarde veroorsaak waarskynlik ook sy magneetveld.

 

Magneetveld (magnetosfeer)

 Hoewel die kompas reeds lank voor dit as 'n navigasiehulpmiddel gebruik is, het sir William Gilbert eers in 1600 agtergekom dat die aarde sélf 'n reuse-magneet is, met pole naby die geografiese pole.

 

Die aarde se magneetveld, met noord- en suidpool, word veroorsaak deur strominge in sy kern weens die rotasie (draaiing) van die aarde. Dié magneetveld strek ongeveer 58 000 km die ruimte in en vorm die sogenaamde magnetosfeer. Die magnetosfeer verhoed dat moontlik skadelike deeltjies, wat deur sonwinde na die aarde vervoer word, die aarde tref. Deeltjies wat wel die magnetosfeer binnedring, veroorsaak die noorderligte.

 

Die son en sommige ander planete het ook magnetosfere, maar die aarde s'n is verreweg die sterkste van die rotsplanete. Die aarde se magnetiese noord- en suidpole beweeg met betrekking tot die aarde se oppervlak en ruil elke honderd duisend jaar of so om.

 

Atmosfeer

Die aarde se atmosfeer is uniek onder al die planete, want dit bestaan hoofsaaklik uit stikstof (78 persent) en suurstof (21 persent). Die oorblywende een persent is meestal saamgestel uit argon, koolstofdioksied (koolsuurgas) en waterdamp. Die aarde se atmosfeer strek vanaf sy oppervlak omtrent 96 km die ruimte in. Dit is op sy digste naby die oppervlak en dun geleidelik uit. Die atmosfeer beskerm lewe op Aarde deur die son se gevaarlike strale af te keer.

 

Die atmosfeer word in vyf lae verdeel:

 

  • Die troposfeer is die eerste laag bo die oppervlak en maak sowat die helfte van die aarde se atmosfeer uit. Klimaatverskynsels kom in die hierdie laag voor.
  • Die tweede laag word die stratosfeer genoem. Dis waar die meeste straalvliegtuie vlieg, aangesien dit baie stabiel is. Die osoonlaag absorbeer hier die son se skadelike strale.
  • Meteore en rotsstukkies word in die mesosfeer verbrand.
  • Auroras kom in die termosfeer voor. Dit is ook waar satelliete om die aarde wentel.
  • Die aarde se atmosfeer sluit by die uiters dun eksosfeer by die ruimte aan. Dit is die heel boonste grens van ons atmosfeer.

 

Daar was waarskynlik heelwat meer koolstofdioksied in die aarde se atmosfeer toe dit ontstaan het, maar baie daarvan is sedertdien opgeneem in karbonaatgesteentes en in 'n mindere mate deur die oseane opgelos en deur plante ingeneem. Plaattektoniek en biologiese prosesse handhaaf 'n voortdurende koolstofdioksied-siklus tussen die aardoppervlak en die atmosfeer. Die klein hoeveelheid koolstofdioksied in die atmosfeer is baie belangrik omdat dit die aarde warm hou met behulp van die kweekhuiseffek. Die kweekhuiseffek verhoog die aarde se oppervlaktemperatuur met ongeveer 35ºC sodat die aarde 'n gemiddelde temperatuur van 14ºC het pleks van -21ºC. Sonder die kweekhuiseffek sou die oseane vries, en lewe soos ons dit ken, sou nie moontlik gewees het nie. Die hoeveelheid koolstofdioksied in die atmosfeer is besig om toe te neem weens faktore soos die verbranding van fossielbrandstowwe.

 

Die teenwoordigheid van vrye suurstof in die atmosfeer is taamlik uniek vanuit 'n chemiese oogpunt, aangesien dit in normale toestande gou met ander elemente verbind. Die suurstof in die aarde se atmosfeer word deur biologiese prosesse vervaardig en in stand gehou. Daar sou dus sonder lewe geen vrye suurstof beskikbaar gewees het nie.

 

Van die suurstof in die atmosfeer het met tyd verander om osoon te vorm. Dié osoonlaag beskerm die aarde teen die son se skadelike ultraviolet-uitstraling. Onlangse studies probeer om vas te stel hoe die verhoogde kweekhuiseffek weens die verbranding van fossielbrandstowwe die aarde se osoonlaag beïnvloed. Die aarde se atmosfeer is gedurig besig om te verander, soos mens duidelik van veranderende globale weerpatrone kan aflei.

 

Water en lewe op die aarde

Nagenoeg 70 persent van die aarde se oppervlak is met water bedek, waarvan 97 persent oseane is. Net 'n klein deeltjie van die aarde se water is vars, met ander woorde in riviere, mere en grondwater en ook in die ys in die poolkappe. Die aarde is die enigste planeet waar water in vloeistofvorm voorkom. Sonder water sou lewe soos ons dit ken onmoontlik wees.

 

Die son veroorsaak dat water uit die oseane na die atmosfeer verdamp. Die waterdamp word deur winde na die vastelande vervoer, waar dit presipiteer om riviere en grondwater aan te vul. Die afloop van oortollige water is verantwoordelik vir die meeste van die verwering en erosie wat op die aarde se oppervlak plaasvind. Uiteindelik keer die meeste van die water wat op die aarde se oppervlak val, weer terug na die oseane. Hierdie aanhoudende kringloop word die hidrologiese siklus genoem.

 

Het jy geweet?

 

  • Die aarde draai elke 24 uur om sy eie as; met ander woorde, vyftien grade elke uur.
  • Lande op dieselfde lengtelyn deel gewoonlik dieselfde tyd. Tyd op die 0º-lengtelyn, wat deur Greenwich, Londen loop, word as standaardtyd beskou en word Greenwich-tyd (GT) genoem. Lande oos van die Greenwich-meridiaan is voor GT, terwyl lande wes daarvan agter GT is.
  • Die ouderdom van die aarde is bepaal met behulp van die radioaktiewe verval van elemente soos uraan. Radioaktiewe minerale ontbind en verander teen 'n vaste koers in ander minerale.

DIE SONNESTELSEL

Active Image

Die son · Mercurius · Venus · Aarde · Mars · Ceres · Jupiter · Saturnus · Uranus · Neptunus · Pluto · Eris

 

 Active Image

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

AARDS-LAE

 

Hierdie is 'n bydrae vanuit die Wikimedia Commons, 'n versameling vrye inhoud wat deur die Wikimedia Foundation ondersteun en gedra word.

 

  Active Image

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Saturnus, soos deur Voyager 2 gesien

 

 Active ImageEris (dwergplaneet)

Last Updated ( Thursday, 23 April 2009 )
 
< Prev   Next >

 
 
Tell a Friend
Image
 
NUWE ARTIKELS !
FRIDAY STORIES
.
02/01/09 Being Rich
09/01/09 It's Relative
16/01/09 Do-It-Yourself
23/01/09 Attitude In...
30/01/09 Daffodil Prin...
02/02/09 BEING RICH
06/02/09 Being Down
Mid-week Filler
13/02/09 Valentine
Mid-week filler
20/02/09 Best Time
27/02/09 Flowers on...
06/03/09 Changing...
13/03/09 Save them!
20/03/09 Can You Sleep?
27/03/09 See The Trees
03/04/09 Chocolate!
10/04/09 Alone at Easter
17/04/09 Grandma Who..
24/04/09 Growth ...
01/05/09 The Gift
08/05/09 Scars of Love
15/05/09 The Pickle Jar
22/05/09 Who, What...
29/05/09 About Smiling
05/06/09 Alice in...
12/06/09 Goals
19/06/09 Way to Go!
26/06/09 Goals
03/07/09 Goals
10/07/09 Spanish
17/07/09 What Do You...
24/07/09 Take Breaks
31/07/09 A Magic Way
07/08/09 Mama's Hands
14/08/09 Being Wealthy
21/08/09 A Mother
27/08/09 Circumstances
20/08/2010 Live this Day
FRIDAY ARCHIVE
Iets Spesiaals

Art & Creativity - My Sketsboek

Art & Creativity Sales Blog


Hedgie's Nature Journal 

THE BUSINESS OF BLISS

 

Wat op Aarde...?

 

KLASSIEKE MOTORS

 

Artists' Circle op Facebook

Vroue-Dagboeke op Facebook 

 

 

 
Klassieke Motors - Jaguar, Aston Martin, Austin Healey, AC Cobra Ace, MGB, ens
Image
Clarkson's Classic Cars - 

There are few, if any, pieces of hardware as emotive as the car. The story of classic and dream cars charts the progress of our own history and experience.

Adverteer jou besigheid hier vir NET R35.00 pm! KONTAK ONS vir verdere besonderhede

 

LEEF JOU VERBEELDING, NIE JOU GESKIEDENIS NIE! -- GENIET JOU DAG!
 

ImageActionOnline - Trotse Gasheer vir OORVLOED - "Die Bewuste Webwerf" © 2005