|
'n INLEIDING NA EN VOORSTELLING VAN ONS HULPMIDDELS Die Oorsprong van Alles of Bronenergie sê vir ons dat die lewe genotvol moet wees and dat VREUGDE ons doel is en dat dít die rede is hoekom ons hier is. Bronenergie sê ons kan enigiets wees en ons kan enigiets doen en enigiets hê wat ons wil. Ons skep ons eie realiteit en die Heelal reflekteer maar net die essensie terug van hoe ons daaroor voel! Het jy al ooit gewonder hoekom soveel goeie mense alewig negatiewe situasies in hulle lewe aantrek, terwyl andere skynbaar niks behalwe wonderlike situasies beleef nie? Die Wet van Aantrekkingskrag verklaar dat "waaroor ons dink, dit bring ons tot stand''. Vir baie mense kan hierdie stelling klink na nuwerwetse fluff maar glo dit of nie, dit is gebou op 'n soliede wetenskaplike basis. EEN van die wette van die Heelal is ook om meer te gee as wat jy ontvang - dit gaan oor die storie van "my beker loop oor" ... jy kan dit nie meer volmaak tensy jy dit 'n bietjie leegmaak deur van dit weg te gee nie en derhalwe meer ontvang ... Maar HOE bring ons oorvloed tot stand in ons lewe? HOE pas ons die Wet van Aantrekkingskrag toe en HOE maak ons 'n sukses van die lewe? Hier gee ons jou die nodige HULPMIDDELS en al die inligting wat jy nodig het om OORVLOED en welvarendheid in jou lewe te skep - om die Wet van Aantrekkingskrag te aktiveer en om te wees wat jy kan en tot jou volle potensiaal te floreer. Om alles te hê wat die Heelal offer, want dit is daar vir ALMAL, nie net party mense nie! Sleep jou notaboekie nader en maak gereed vir die reistog van jou lewe! N.S.: Nie dit nie, dat ... As jy dink jy moet DIT hê sodat jy DAT kan kry, dan wat jy eintlik wil hê is DAT, en nie DIT nie.
|